Logo
Silwerskermfees
Silwerskermfees

Lokprente

Silwerskermfees peiling
Silwerskermfees 2018

Wat maak jou opgewonde oor die #Silwerskermfees?

Kampsbaai21%
Die films69%
Die samesyn10%

Silwerskermfees 2018 vasgevang

Silwerskermfees

Aandag alle dokumentêrefilmmakers – Silwerskermfees Image : 15431
‘Kinderlik opgewonde’ – Silwerskermfees 2022 Image : 14227
‘Kinderlik opgewonde’ – Silwerskermfees 2022Ons het met die wenners van hierdie jaar se Silwerskermfees gesels op die blou tapyt!
‘Mesmerized’ – Silwerskermfees 2022 Image : 14222
‘Mesmerized’ – Silwerskermfees 2022Ons het ’n paar van die sterre by vanjaar se Silwerskermfees beter leer ken!
Donnalee Roberts het met ons gesels na die première van #Beurtkrag Image : 14189
‘Inspirasie’ – Silwerskermfees 2022Donnalee Roberts het met ons gesels na die première van #Beurtkrag.
‘On the spot’ – Silwerskermfees 2022 Image : 14188
‘On the spot’ – Silwerskermfees 2022Ons het met Gail Mabalane gesels voor die première van #Indemnity!
‘Altyd lekker’ – Silwerskermfees 2022 Image : 14181
‘Altyd lekker’ – Silwerskermfees 2022Ons het met die paartjie wat die konsep van #Beurtkrag verskaf het gesels op die blou tapyt.
‘Familie reünie’– Silwerskermfees 2022 Image : 14180
‘Familie reünie’– Silwerskermfees 2022Ons het met die span agter #Beurtkrag gesels oor die premiere en hoe dit voel om terug te wees by die fees!
Down so long – Silwerskermfees 2022 Image : 14124
Down so long – Silwerskermfees 2022Joseph Mabena woon saam met sy vrou, Doreen, hulle kinders en eggenote, en hulle kleinkinders in ’n oorvol huis in Hangberg. Wanneer hy by sy werkplek beseer word, ontvang Mabena ’n groot kompensasie-uitbetaling vir die verlies van sy een oog. Sy familie is skielik oordrewe besorg oor hom en bely hulle liefde in die hoop om ook van dié geld te kry. Mabena sien deur hulle vals toegeneentheid en besluit om nie ’n sent van sy “swaar verdiende” geld te deel nie. By die plaaslike kroeg ontmoet hy ’n nuwe liefde, Zelda, en hy bring haar tot afgryse van sy vrou en kinders huis toe. Wanneer hy aankondig dat hy met haar wil trou, besluit sy vrou en kinders om hom te vergiftig.
Die 10de kykNET Silwerskermfees – Silwerskermfees 2022 Image : 14120
Die 10de kykNET Silwerskermfees – Silwerskermfees 2022Neem aanlyn deel aan die 10de Silwerskermfees vanaf 23 tot 26 Maart 2022.
Die 10de kykNET Silwerskermfees – Silwerskermfees 2022 Image : 14119
Die 10de kykNET Silwerskermfees – Silwerskermfees 2022Neem aanlyn deel aan die 10de Silwerskermfees vanaf 23 tot 26 Maart 2022.
Ster-Kinekor Tygervallei – Silwerskermfees 2022 Image : 14118
Ster-Kinekor Tygervallei – Silwerskermfees 2022Die publiek word uitgenooi na 4 eksklusiewe voorskoue van die 10de Silwerskermfees slegs by Ster-Kinekor Tygervallei.
Amptelike lokprent – Vlugtig Image : 13895
Amptelike lokprent – VlugtigAspirant-akteur Simon Berg se lewe neem 'n onverwagse draai wanneer hy 'n uitnodiging ontvang om deel te word van 'n nuwe herverbeelding van 'Rooikappie' onder regie van sy rolmodel, die befaamde teatermaker Andreas Vog.
Amptelike lokprent – Beurtkrag Image : 13897
Amptelike lokprent – BeurtkragJasper wil nie alleen wees nie. Fransie is onafhanklik en verkies dit só. Wanneer Jasper en Fransie saam intrek, is dit ’n hoopvolle nuwe begin. Beurtkrag tref hulle onverwags op die eerste aand en hulle probeer die beste van die donker situasie maak. Swaar bagasie word uitgepak en konfronteer hulle met die swaar en donker verlede wat hulle saamdra.
Amptelike Lokprent – Vrywater Image : 13898
Amptelike Lokprent – Vrywater'n Kolonie van wateraanbidders kan hul enigste kans op die vervulling van 'n lang -verwagte profesie verbeur. Vera, die uitverkore vrou, moet besluit of sy haar hart gaan volg en die kolonie verraai en of sy sal bly om Evander se derde vrou te word en 'n lewe sonder liefde te leef.
Amptelike Lokprent – Verstikking Image : 13899
Amptelike Lokprent – VerstikkingSamuel, die eienaar van 'n baie winsgewende tegnologie-maatskappy, word beroof deur 'n gewelddadige aanvaller genaamd Nathan, wat hy as 'n voormalige werknemer herken. Samuel bel nie die polisie nie, maar spoor vir Nathan op en bied hom betaling aan as hy instem om die voorval herhaaldelik vir sy eie plesier te herskep.
Amptelike Lokprent – Twinting tone in die hangkas Image : 13900
Amptelike Lokprent – Twintig tone in 'n hangkasLiefde kan oral toeslaan. Selfs al kruip jy soos die pas ontsnapte Louie in ’n polisieman se hangkas weg saam met ’n ou wat jy nie ken nie – ’n ou wat by daai einste polisieman se huis ingebreek het.
Amptelike Lokprent – Sporadies Nomadies Image : 13901
Amptelike Lokprent – Sporadies NomadiesVanessa moet noodgedwonge die laaste paar dae van haar matriekvakansie saam met haar vervreemde, sukkelende rock-muso-Pa, Louis, deurbring. Tydens dié kustoer, bevind Vanessa haar in die posisie van sy nie-amptelike roadie en sien sy daagliks hoe Louis, vir 'n steak en bier voor 'n handjie vol mense sy hart uit sing. Vir die eerste keer in jare is pa en dogter eerlik oor die verlede en probeer hulle, langs die pad, in die middel van nêrens, mekaar weer vind.
Amptelike Lokprent – Skyn Image : 13902
Amptelike Lokprent – SkynMartha is 'n enkellopende kelnerin wat nie weet wat sy met haar lewe wil doen nie. Boonop word sy vandag 28 en almal weet 28 is die nuwe 30 en 30 is die begin van die einde vir enige vrou met planne om te trou of ma te word. Sy word die oggend ná haar verjaarsdagpartytjie wakker met 'n onbekende man in haar bed en 'n vreemde gevoel in haar maag. 'n Apteektoets bevestig haar vermoede – sy is swanger.
Amptelike Lokprent – Net Ons Image : 13903
Amptelike Lokprent – Net OnsAngel en Lorenzo was lank 'n paartjie. Hulle is ook eeue oue vampiere. Angel sukkel om die einde van hulle verhouding te aanvaar en die eensaamheid van die Covid-19 -grendeltyd maak dit nog moeiliker. Sy lok Lorenzo na die Seepuntpromenade, die plek waar hulle destyds ontmoet het, om van sy besittings terug te gee. Lorenzo het dae laas geëet en is sterwenshonger. Hy daag saam met sy nuwe menslike meisie by die Promenade op en daarop was Angel beslis nie voorbereid nie.
Amptelike Lokprent – Nagvoël Image : 13904
Amptelike Lokprent – NagvoëlShaun is die Nagvoël – 'n kleindorpse superheld wat daarvan droom om deel van die Suid-Afrikaanse Superheldeliga te word. Wanneer Crimson, 'n beroemde superheld en lid van die Liga, by die nabye Tikbrug land, snel die Nagvoël hom te hulp.
Amptelike Lokprent – My Beskermer Image : 13905
Amptelike Lokprent – My BeskermerIn ’n post-apokaliptiese Kaap, waar daar jag gemaak word op die laaste menslike oorblywendes deur masjiene, soek die hardkoppige Tink, en haar troue hond, Indy, saam na robotparte om haar moedelose suster Kari te help om hul “beskermer” klaar te bou. Sal Tink betyds hulle halfgeboude beskermerrobot kan regmaak om haar en haar gesin se lewens te red?
Amptelike Lokprent – Leemtes en Leegheid Image : 13906
Amptelike Lokprent – Leemtes en LeegheidMagdaleen, 'n eensame weduwee in haar 70’s, skep 'n denkbeeldige weergawe van haar oorlede man om die hartseer en pyn te verdoof. Nadat sy so lank met haar herinneringe opgeskeep was, probeer sy desperaat om weer die buitewêreld te betree en weer die see te sien waarna sy nou al vir maande smag.
Amptelike Lokprent – Katvis Image : 13907
Amptelike Lokprent – KatvisLize het nog nooit te veel van die lewe gevra nie. Sy is meestal gelukkig met haar huwelik, maar Lize het nog altyd daarvan gedroom om 'n ma te wees, en haar en haar man, Willem, wil dit net nie geluk nie. Met gesinsdruk wat saggies erger raak en die tik van die biologiese klok al hoe harder, gooi die nuus van Willem se steriliteit haar identiteit as vrou omver. Wanneer die droom aan skerwe lê, vergeet Lize en Willem van die samelewing se konvensies en beplan om dit steeds ’n werklikheid te maak. Kan hulle die plan deurvoer sonder om hulself in die proses te verloor?
Amptelike Lokprent – Die Horries Image : 13908
Amptelike Lokprent – Die HorriesElke drinker op aarde het 'n Horrie – 'n geheime agent wat op die oggend ná 'n Groot Aand aan jou verskyn met een doel: om jou Die Horries te gee oor jou dronk gedrag. Wanneer een werkverslaafde Horrie haar werk verloor omdat haar drinker ophou drink het, is sy bereid om enige iets te probeer om haar geliefde werk terug te kry.
Aandag alle dokumentêrefilmmakers – Silwerskermfees