Logo
Kampkos slim billboard

Hans steek die Rubicon oor - Silwerskermfees 2023

Video
07 Junie

Hans steek die Rubicon oor is gegrond op die topverkoperroman en gewilde radiodrama deur Rudie van Rensburg. Dis ’n aksie-avontuur oor die hardkoppige 90-jarige Hans, wat deur sy vervreemde dogter Karla (wat in die buiteland woon), in ’n ouetehuis gestop word. Hans skop egter kliphard daarteen en lei ’n ouetehuisopstand teen die drakoniese matrone – ’n afgetrede tronkbewaarder. Dis ’n komedie vir die hele gesin oor oudword op jou eie terme.