Logo

Sterre skitter by die eerste kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en Televisie

Nuus
26 Augustus 2023
Vind uit wie die groot wenners was van die eerste kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en Televisie!
Silwerskermfees

Blink tabberds, flitsende kameras, gesogte beeldjies, trane van vreugde, spitsvondige aanbieders, fantastiese musiekkunstenaars – dís wat op jou wag wanneer die kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en Televisie op Sondag, 27 Augustus om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai word.

Dié gala-aand het vanaand (Saterdag 26 Augustus) by die CTICC in Kaapstad plaasgevind aan die einde van ‘n bedrywige Silwerskermfees in Kampsbaai waar die jongste Afrikaanse films vertoon is. Maar vir die eerste keer het die fees ook televisie omarm, met televisieloodsprogramme by die fees, en die insluiting van Silwerskermbeeldjies aan die akteurs, aanbieders, en persoonlikhede wat tussen 1 April 2022 en 31 Maart 2023 vir uitmundende vermaak op die kykNET-kanale gesorg het.

Waldimar Pelser, Direkteur: M-Net Premium kanale het die opwindende nuwe toekenningseremonie by die CTICC, kykNET se grootste viering nóg van film en TV genoem, en oor al die sterre in die gehoor gesê:  Die mense wat vanaand hier sit, inspireer ons en voer ons mee. Hulle laat ons onsself, ons mense en ons land ook beter begryp.”

Buiten die 31 toekennings by die CTICC, is die twee legendes Freek Robinson en Cedwyn Joel vereer vir hul lewensbydraes tot die plaaslike vermaaklikheidsbedryf. Die vervaardiger André Scholtz is ook Saterdagoggend by die Silwerskermfees se Tegniese Toekennings in Kampsbaai vereer.

Hier is die lys van die wenners vir Film en Televisie:

Beste ondersteunende rol in ’n drama 

Nicole Holm – Donkerbos

Speelfilm: Beste ondersteunende akteur          

Joshwin Dyson – Old Righteous Blues

Speelfilm: Beste ondersteunende aktrise         

Bianca Flanders – Frankie & Felipé

Beste nuweling in ’n telenovela of sepie          

Devonecia Swartz – Arendsvlei

Beste aanbieder: Kookprogram

Alfred Adriaan – Roer!

Beste aanbieder in ’n leefstylprogram  

Nataniël – Nataniël. Erik. Wolf.

Beste skurk in ’n telenovela of sepie    

André Odendaal – Binnelanders

Beste aanbieder in ’n speletjiesprogram          

Rian van Heerden – Wie word ’n miljoenêr

Kortfilm: Beste akteur 

Gershwin Mias – Die Blokke

Kortfilm: Beste aktrise 

Roeline Daneel – As

Beste aanbieder in ’n gespreksprogram

Heindrich Wyngaard – KLOP! 

Beste aanbieder in ’n realiteitsprogram

Bertus Basson – In die sop

Beste akteur in ’n telenovela of sepie  

Dann-Jacques Mouton – Arendsvlei

Beste aktrise in ’n telenovela of sepie  

Cindy Swanepoel – Binnelanders

Beste TV-oomblik van die jaar  

Suidooster – Mnr. en Mev. Samsodien se troue

Beste akteur in ’n komedie      

Desiré Gardner – Magda Louw

Beste aanbieder in ’n buitelug-aktiwiteitsprogram       

Dewald Visser – Mal kamper

Beste aanbieder in ’n joernaalprogram

Hannes van Wyk – Kwêla

Beste akteur in ’n drama          

Edwin van der Walt – Donkerbos

Beste aktrise in ’n drama         

Erica Wessels – Donkerbos

Beste TV-film   

Vuurdoop – André Velts Films

Beste ensemble-aanbiederspan

La’t wiel

Beste aanbieder in ’n aktuele program 

Lourensa Eckard – In gesprek

Beste kortfilm 

’n Doop om stilte

Persoonlikheid van die jaar      

Jonathan Rubain – Koortjies

Speelfilm: Beste regisseur        

Corné van Rooyen – Hans steek die Rubicon oor

Speelfilm: Beste akteur

Pierre van Pletzen – Hans steek die Rubicon oor

Speelfilm: Beste aktrise

Carla Smith – Die tragiese saak van Pamina Vermaak

Speelfilm: Beste speelfilm        

Hans steek die Rubicon oor

Lewensbydrae 

Cedwyn Joel (Commendatio deur Dawie Carollisen)

Freek Robinson (Commendatio deur Wilma Alant)

Hier is die lys van die wenners vir Tegniese Toekennings:

Speelfilm: Beste produksie-ontwerp    

Dean Abrahams – Old Righteous Blues

Speelfilm: Beste oorspronklike klankbaan        

Edward George King – Old Righteous Blues

Speelfilm: Beste draaiboek      

Elanie Rupping, Bibi Slippers – Die tragiese saak van Pamina Vermaak

Speelfilm: Beste klankontwerp

Tim Pringle – Blindelings

Speelfilm: Beste kinematografie          

Johannes Pieter Nel – Die tragiese saak van Pamina Vermaak

Speelfilm: Beste redigering      

Eva du Preez – Die tragiese saak van Pamina Vermaak

Kortfilm: Beste kinematografie

Alfonzo Franke – Die Blokke

Kortfilm: Beste oorspronklike klankbaan          

Edward George King – Volle bors

Kortfilm: Beste klankontwerp  

Adriaan Drotsché (Audiopimps) – Die Swart Draak ontwaak

Kortfilm: Beste redigering        

Johannes Pieter Nel – Die Swart Draak ontwaak

Kortfilm: Beste produksie-ontwerp      

Burger Meyer – Karen

Kortfilm: Beste draaiboek        

Roxanne Blaise & Mujaahid Valley – Die Blokke

Kortfilm: Beste regie    

Emilie Badenhorst & Kanya Viljoen – ’n Doop om stilte

Beste dokumentêr       

Besmet

Dokumentêr: Beste regie         

Reginald Hufkie & Frankie Opperman – Langafstand

Dokumentêr: Beste redigering 

Adi van der Walt – Besmet

Dokumentêr: Beste klankontwerp       

Call of the Wild – Renier van Niekerk

Spesiale Vermeldings:  

Franci Swanepoel

Ensemble-spel – Straatrotte

Garderobe – Old Righteous Blues

Grafika – Straatrotte

Choreografie en waaghalstoertjies – Die Swart Draak ontwaak

Poppespel – Thrift tot die dood

Bradley Olivier 

Lewensbydrae 

André Scholtz

Feesgunsteling

Straatrotte