Logo
Skelmpie
web uni tv guide

Skelmpie

144Geselsprogram13

Die tragiese saak van Pamina Vermaak - Silwerskermfees 2023

Video
08 Junie

In dié romantiese komedie gegrond op Annie Klopper se gelyknamige roman, is Pamina Vermaak ’n werklose joernalis ná ’n skouspelagtige uitbarsting teenoor haar redakteur. Die rocker Wolf de Jager word deur sy bestuurder na ’n stil dorpie in die Weskus gestuur nadat hy sy humeur lelik by ’n gig verloor het. Sy eks-verloofde, Daniella, het hom verneuk met ’n bekende Amerikaner en sy kreatiwiteit het opgedroog. Hy het ryk geword met ’n one-hit wonder, maar sy beeld as cool kid is in sy maai. Pamina word in dieselfde dorpie, haar geboortedorp, gedwing om vrede met haarself en die verlede te maak, terwyl Wolf besef sy ontwykende muse is dalk dié hardkoppige, aanvallige donkerkop.