Logo
Die tragiese saak van Pamina Vermaak

Van die bladsy tot die skerm – Die tragiese saak van Pamina Vermaak

Nuus
21 Februarie 2024
Is jou gunsteling boek al aangepas vir die skerm?
Die tragiese saak van Pamina Vermaak

Orals waar jy deesdae kyk, is films en reekse op die groot-en kleinskerm wat eers geliefde boeke was. 

Suid-Afrika het ‘n ryk geskiedenis van Afrikaanse boeke wat verwerk word vir die televisie-en groot skerm, onder andere: 

 

Dinge van ‘n kind

Die reeks is gegrond op Die dinge van ‘n kind, uit die pen van die bekroonde skrywer Marita van der Vyver wie se boeke, Dis koue kos, skat en Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekeom ook al verwerk is vir die grootskerm.

In dié reeks van tien episodes ontmoet kykers vir Mart Vermaak. Die ontnugtering van haar grootwordjare vind plaas teen die politiese agtergrond van die onstuimige laat 1970’s, terwyl ’n ouer Mart haarself in ’n ontnugtering van ’n ander aard bevind.

Die tragiese saak van Pamina Vermaak

’n Joernalis wat skielik sonder ’n inkomste sit. ’n Rock-ster wat sy wonde lek nadat sy verloofde hom verneuk het. En die mooie, mooie Weskus met sy eiesoortige bekoring.

Annie Klopper se topverkoper-boek, Die tragiese saak van Pamina Vermaak, was verwerk vir die groot skerm en is tans te huur op DStv Box Office

Fiela se kind:

Die geliefde boek deur Dalene Matthee is al twee maal omskep in ‘n film, die nuutste weergawe met Cindy Swanepoel, Zenobia Kloppers en Drikus Volschenk is in 2019 vrygestel. 

Hans steek die rubicon oor, deur die skrywer Rudi van Rensburg, was ook ’n radioverhaal en vertel die verhaal van Hans van Kraaienburg, ’n hupse 90-jarige man wat se lewe omver gegooi word wanneer hy gedwing word om na ’n ouetehuis te trek. Maar die plek waarheen sy dogter Karla hom na stuur, is verkramp en sy kamertjie is piepklein. Hy word ook geforseer om die verskeie reëls en regulasies te gehoorsaam.

Vaselinetjie vertel die verhaal van ’n wit dogtertjie wat deur haar bruin grootouers in die Noord-Kaap grootgemaak word. Die welsyn vind uit dat sy nie hulle biologiese kleinkind is nie en sy word na ’n staatsweeshuis in Johannesburg gestuur. Hier kom Vaselinetjie voor verskeie uitdagings te staan.

Plan B: 

Die reeks, wat op van die meestermisdaadskrywer Deon Meyer se eerste karakters gegrond is, speel af in die wêreld van kunsdiefstal en swendelaars – mans wat weerlose vroue op soek na liefde met slinkse planne uitbuit. Plan B bestaan uit vyf episodes, en die draaiboek is deur die Hertzogpryswenner Tertius Kapp geskryf, wat ook vir die draaiboeke van treffers soos Die spreeusGaiaVier mure en Griekwastad verantwoordelik was. 

Plan B begin op 26 Maart 2024 om 20:00 op kykNET, kanaal 144

Indien jy nóg meer verwerkings wil sien, gaan gerus na Showmax waar die volgende reeks ook beskikbaar is: Catch me a killer, Game of thrones, Sex and the city, The handmaids’ tale, The time traveller's wife, Eat pray love en Where the crawdads sing.