Logo
Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Die tragiese saak van Pamina Vermaak

Pamina Vermaak is gefrustreerd. Na ‘n skouspelagtige uitbarsting teenoor haar baas, die redakteur van ‘n plaaslike tydskrif waar sy al jare werk as brokkie-joernalis, is sy nou ook werkloos. Die afwesige wag voor haar mond het haar al baie in die moeilikheid gekry, maar nou is sy in ’n doodloopstraat.

Wolf de Jager, ‘n bekende musikant, word deur sy bestuurder na ‘n stil dorpie in die Weskus gestuur na hy sy humeur verloor by ‘n gig. Sy eks-verloofde, Daniella, het hom verneuk met ‘n bekende Amerikaner. Die hieropvolgende aandag van die geelpers en sosiale media, die feit dat hy te veel drink en nie introspeksie doen nie verlam sy kreatiwieteit. Hy’t boonop ’n one hit wonder geskryf, wat hom ryk gemaak het, maar sy beeld as cool kid is in sy maai.

Pamina word geforseer om eerlik met haarself te wees en vrede te maak met die verlede, terwyl Wolf besef dat sy muse dalk in dié hardkoppige, dog aanvallige donkerkop se geselskap lê.

 

Kom huis toe – Die tragiese saak van Pamina Vermaak

Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Die tragiese saak van Pamina Vermaak

Vyf redes – Die tragiese saak van Pamina Vermaak

News
21 Februarie 2024
Hier is hoekom jy nie dié spesiale romantiese komedie kan misloop nie!
Die tragiese saak van Pamina Vermaak

’n Unieke liefdesverhaal

Pamina en Wolf ontmoet nadat hulle albei ’n nuwe laagtepunt bereik het en dit was alles behalwe love at first sight, maar dis onmoontlik om iemand te vermy in ’n klein dorpie soos Eigelaarsdrif. Die tragiese saak van Pamina Vermaak wys dat mense liefde kan vind in die mees onverwagse plekke, al is jy nie op soek daarna nie en al het die persoon op wie jy verlief raak aanvanklik heelwat op jou tone getrap!



’n Fliek vir musiekliefhebbers

Die romantiese komedie is enige musiekliefhebber se droom, nie net omdat een van die hoofkarakters ’n musikant is nie, maar omdat die rol wat musiek in ons almal se lewens speel opreg uitgebeeld word.



Die skitterende rolverdeling

Carla Smith, wat bekend is vir haar onvergeetlike rol in Tydelik Terminaal sowel as Fiela se Kind en meer, vertolk die rol van Pamina Vermaak terwyl Christiaan Schoombie die rol van Wolf vertolk. Christiaan was betrokke by internasionale produksies soos Warrior, Invasion en The Dark Tower en was ook te sien in plaaslike reekse soos Troukoors, Desert Rose en Moffie.



Duane Williams, Lee-Ann van Rooi, Anna-Mart van der Merwe, Albert Pretorius, Helene Truter, Rolanda Marais, Ilse-Lee van Niekerk, Jaco Nothnagel, Armand Aucamp, Jacques Adriaanse en Madri Sutherland is ook almal te sien in die nuwe film.

Van die boek na die groot skerm

Die gewilde trefferboek deur Annie Klopper waarop Die tragiese saak van Pamina Vermaak  gegrond is, is in 2018 vrygestel en vyf jaar later omskep in ’n film deur Kabous Meiring wat met dié fliek haar debuut as speelfilmregisseur maak.



Talle toekennings

By die 2023 Silwerskermfeestoekennings het dié film groot gewen, met toekennings vir beste aktrise (Carla Smit), beste draaiboek (Elanie Rupping en Bibi Slippers), beste redigering (Eva du Preez) en beste kinematografie (Johannes Pieter Nel). Die film is ook vir heelwat ander kategorieë benoem insluitend beste speelfilm, beste manlike byspeler, beste vroulike byspeler, beste regisseur en meer!

Die tragiese saak van Pamina Vermaak is nóú beskikbaar op DStv BoxOffice.

Pamina kom kassie toe: Bekroonde fliek eersdaags op DStv BoxOffice

News
08 Februarie 2024
“Die tragiese saak van Pamina Vermaak”, die Afrikaanse rolprent gegrond op Annie Klopper se trefferboek wat by die kykNET Silwerskermfees in 2023 gedebuteer het, sal vanaf 11 Februarie op DStv BoxOffice beskikbaar wees.
Die tragiese saak van Pamina Vermaak

By die 2023 Silwerskermtoekennings vir Film en Televisie het dié romantiese komedie pryse gewen vir Carla Smith as beste aktrise, beste draaiboek (Elanie Rupping en Bibi Slippers), beste redigering (Eva du Preez) en beste kinematografie (Johannes Pieter Nel). Die tragiese saak van Pamina Vermaak is ook in die kategorieë vir beste speelfilm, beste manlike byspeler, beste vroulike byspeler, beste regisseur, beste klankontwerp, beste produksie-ontwerp en beste oorspronklike klankbaan benoem.



Die tragiese saak van Pamina Vermaak vertel die verhaal van Pamina, ’n werklose joernalis, wat terugkeer na haar geboortedorp en haar ma se huis om vrede nie net met haarself nie, maar ook met haar verlede te maak. Haar pad kruis met Wolf de Jager, ’n rocker met een trefferliedjie op sy kerfstok wat ná ’n groot liefdesteleurstelling ook na die Weskus uitwyk om te kyk of hy die ontwykende muse dalk weer kan vind.



Carla Smith is Pamina, en Christiaan Schoombie is Wolf. Ook in die rolverdeling is Lee-Ann van Rooi, Anna-Mart van der Merwe, Duane Williams, Albert Pretorius, Armand Aucamp en Rolanda Marais.

Pamina is die bekende TV-aanbieder Kabous Meiring se debuut as speelfilmregisseur. Sy sê die rede hoekom sy so graag die boek in ’n fliek wou omskep, was omdat sy versot was op die hoofkarakter en wou kyk of sy haar ook kan laat gatskop op die grootskerm.



“Ek hoop kykers kry ’n gevoel van verwondering oor die skoonheid van ons land, die klankbaan en die algemene goedvoel van Suid-Afrikanerskap,” sê Kabous. “Ons is kompleks, met nie net ’n swaar geskiedenis nie, maar ook swaar individuele verledes, wat ons deels self gekompliseer het. Maar ons kan leer om anders te kyk. Dis egter ’n ligte fliek en ek wil regtig hê mense moet dit bloot geniet.”

Dit was vir Kabous ’n persoonlike hoogtepunt dat sy in die regisseurstoel kon inskuif. “Dis een van die dinge wat ek die heel graagste in my loopbaan wou doen, en ek het dit oorleef! Nou sien ek uit na die volgendes.”

Die tragiese saak van Pamina Vermaak is van 11 Februarie op DStv BoxOffice beskikbaar.

Meer nuus