Logo
Die tragiese saak van Pamina Vermaak

Vyf redes – Die tragiese saak van Pamina Vermaak

Nuus
21 Februarie 2024
Hier is hoekom jy nie dié spesiale romantiese komedie kan misloop nie!
Die tragiese saak van Pamina Vermaak

’n Unieke liefdesverhaal

Pamina en Wolf ontmoet nadat hulle albei ’n nuwe laagtepunt bereik het en dit was alles behalwe love at first sight, maar dis onmoontlik om iemand te vermy in ’n klein dorpie soos Eigelaarsdrif. Die tragiese saak van Pamina Vermaak wys dat mense liefde kan vind in die mees onverwagse plekke, al is jy nie op soek daarna nie en al het die persoon op wie jy verlief raak aanvanklik heelwat op jou tone getrap!



’n Fliek vir musiekliefhebbers

Die romantiese komedie is enige musiekliefhebber se droom, nie net omdat een van die hoofkarakters ’n musikant is nie, maar omdat die rol wat musiek in ons almal se lewens speel opreg uitgebeeld word.



Die skitterende rolverdeling

Carla Smith, wat bekend is vir haar onvergeetlike rol in Tydelik Terminaal sowel as Fiela se Kind en meer, vertolk die rol van Pamina Vermaak terwyl Christiaan Schoombie die rol van Wolf vertolk. Christiaan was betrokke by internasionale produksies soos Warrior, Invasion en The Dark Tower en was ook te sien in plaaslike reekse soos Troukoors, Desert Rose en Moffie.



Duane Williams, Lee-Ann van Rooi, Anna-Mart van der Merwe, Albert Pretorius, Helene Truter, Rolanda Marais, Ilse-Lee van Niekerk, Jaco Nothnagel, Armand Aucamp, Jacques Adriaanse en Madri Sutherland is ook almal te sien in die nuwe film.

Van die boek na die groot skerm

Die gewilde trefferboek deur Annie Klopper waarop Die tragiese saak van Pamina Vermaak  gegrond is, is in 2018 vrygestel en vyf jaar later omskep in ’n film deur Kabous Meiring wat met dié fliek haar debuut as speelfilmregisseur maak.



Talle toekennings

By die 2023 Silwerskermfeestoekennings het dié film groot gewen, met toekennings vir beste aktrise (Carla Smit), beste draaiboek (Elanie Rupping en Bibi Slippers), beste redigering (Eva du Preez) en beste kinematografie (Johannes Pieter Nel). Die film is ook vir heelwat ander kategorieë benoem insluitend beste speelfilm, beste manlike byspeler, beste vroulike byspeler, beste regisseur en meer!

Die tragiese saak van Pamina Vermaak is nóú beskikbaar op DStv BoxOffice.