Logo

Blindelings - Silwerskermfees 2023

Video
07 Junie

René Scholtz is ’n briljante, blinde pianis met sinestesie. Sy “sien” unieke kleurkolle wanneer sy musiek, stemme en emosies beleef, maar ná ’n aanranding op die aand van haar eerste solovertoning, onttrek sy heeltemal van die buitewêreld. Daar is ’n eksperimentele operasie wat moontlik haar sig kan herstel, maar haar man, Paul, ’n sukkelende eiendomsagent, het hulle spaargeld met kripto-beleggings verloor. Die glyjakkals Steyn Rademan oorreed Paul om na die ontwikkelingsplanne op sy wildsplaas te kom kyk en daar ’n gulde geleentheid te bespreek. René gaan saam en voel met die aankoms op die plaas dadelik iets onheilspellends aan. Wanneer Steyn ná ’n jagtog sonder Paul terugkeer, moet René haar sinne tot die uiterste inspan om te oorleef.