Logo

Frankie en Felipe - Silwerskermfees 2023

Video
07 Junie

Franklin Blaze (Bradley Olivier) is ’n hardewerkende, suksesvolle man uit ’n arm agtergrond wat hy vir sy verloofde, Kim Fortuin (Kim Syster), en kollegas wegsteek. Wanneer sy halfbroer, Felipe Baadjies, by sy huis uitdop, is sy naderende troue en werkreputasie in gedrang. Die desperate Felipe (Solomon Cupido) dreig om sy broer Frankie se geheim te ontbloot as hy hom nie help met geld wat hy ’n wrede loan shark skuld nie. Frankie probeer Felipe paai deur hom by die bruilof in te sluit, ’n besluit wat hy gou berou. Felipe is nie die soort jafel wat die welgestelde, gesofistikeerde Fortuin-familie naby hulle dogter wil hê nie.