Logo

Down so long – Silwerskermfees 2022

Video
15 Maart

Joseph Mabena woon saam met sy vrou, Doreen, hulle kinders en eggenote, en hulle kleinkinders in ’n oorvol huis in Hangberg. Wanneer hy by sy werkplek beseer word, ontvang Mabena ’n groot kompensasie-uitbetaling vir die verlies van sy een oog. Sy familie is skielik oordrewe besorg oor hom en bely hulle liefde in die hoop om ook van dié geld te kry. Mabena sien deur hulle vals toegeneentheid en besluit om nie ’n sent van sy “swaar verdiende” geld te deel nie. By die plaaslike kroeg ontmoet hy ’n nuwe liefde, Zelda, en hy bring haar tot afgryse van sy vrou en kinders huis toe. Wanneer hy aankondig dat hy met haar wil trou, besluit sy vrou en kinders om hom te vergiftig.
Jy sal ook hiervan hou