Logo

Volle Bors - Silwerskermfees 2023

Video
02 Junie

Eva, ’n jong digter in haar 20’s, sit in ’n genetikus se kantoor en voel oorweldig oor die moontlikheid dat sy ’n uiterse hoë risiko vir borskanker kan hê as gevolg van haar familiegeskiedenis. Sy toets positief en ’n voorkomende mastektomie word aanbeveel. Haar beste vriendin, Hannelie, en haar sorgsame verloofde, Daniel, probeer haar ondersteun, maar hul interaksies ontstel haar. In Eva se wêreld word borste met seksualiteit, borsvoeding, en aanloklikheid geassosieer. Wat sal daarvan ná die operasie oorbly? Sy begin die onderwerp vermy en verkies om in ontkenning te leef. ’n Poësiefees kom egter nader waar Eva in die kollig sal wees. Het sy dalk te lank gewag om ’n besluit te neem?