Logo

Werpsel - Silwerskermfees 2023

Video
02 Junie

Leonard is ’n skaam, sosiaal ongemaklike 40-jarige seun wat sy bes doen om na sy bejaarde ma, Lena, om te sien. Hy dans met haar, voer haar en bad haar selfs voor hy haar snags bed toe help. Dit lyk of sy aan demensie ly, maar haar leë staar en wilde voorkoms skep die indruk dat sy onheilspellende dinge in die mou voer. Een aand begin snaakse dinge gebeur en Leonard sak in die gang inmekaar. Toe hy bykom, sien hy Lena is besig om bitter vreemd op te tree. Johan, ’n naïewe lid van die buurtwag, daag op, maar hy is heeltemal onvoorbereid op die gruwels wat op hom wag.
Jy sal ook hiervan hou