Logo
Skelmpie
web uni tv guide

Skelmpie

144Geselsprogram13

Koors - Silwerskermfees 2023

Video
02 Junie

Een dag van die maand kan nogal ’n angstige affêre vir een helfte van die samelewing wees. Dié dag tref Simone hierdie maand op die mees ongeleë tyd en plek denkbaar – op pad na ‘n allerbelangrike voorlegging aan ’n nuwe kliënt. Gelukkig het sy darem nog een laaste tampon, maar ongelukkig beland dit in die toilet. Boonop is daar nie toiletpapier nie. Haar opsies raak op. As sy die groep mans wat ongeduldig in die raadsaal op haar wag wil wys dat dit wel in haar broek sit om die broek te dra, moet sy die ondenkbare oorweeg. Dié ongemaklike uitweg vereis egter dapperheid en kan dalk nóg probleme veroorsaak.
Jy sal ook hiervan hou