Logo

Die Swart Draak Ontwaak - Silwerskermfees 2023

Video
02 Junie

’n Bendegeteisterde gemeenskap op die Kaapse Vlaktes word met ’n ystervuis deur die gevreesde Muay Thai-skopbokser The Kingpin regeer. Clifford Smit is ’n gedissiplineerde afrigter van tradisionele Oosterse gevegskuns en hy probeer om jongmense uit die kloue van bendes te bevry. Clifford se lewe stort in duie wanneer sy vrou brutaal vermoor word omdat hy die Kingpin se seun gewerf het. Toe Clifford langs sy vrou se liggaam staan, word hy oorweldig deur ’n drang na vergelding. Hy voel verskeurd tussen die Oosterse geloof in die draak as simbool van goedheid en geluk, en die Westerse idee van die draak as ’n ondier wat dood en verwoesting saai. Hy kies om sy erekode te breek en sweer wraak.