Logo

Die Blokke - Silwerskermfees 2023

Video
02 Junie

Drie vriende staan op ’n Vrydagmiddag buite Gloucester Place, ’n blok raadswoonstelle op die Kaapse Vlakte. Muhammad wil graag ’n goeie pa wees; Michael wil sy ma uit Die Blokke kry; Cheslyn, wat pas matriek behaal het, soek werk. ‘n Koeël uit ‘n verbygaande motor en ‘n onwettige vuurwapen in die verkeerde hande saai egter pyn en verwoesting. Die Blokke ’n grinterige Afrikaapse kortfilm wat deur ware gebeure geïnspireer is. Dit beeld ‘n kringloop van geweld uit in ‘n wêreld waar werk skaars is, die lewe goedkoop en die lewenskoste hoog.
Jy sal ook hiervan hou