Logo

Old Righteous Blues - Silwerskermfees 2023

Video
08 Junie

Op Kersdag 1997 ontvang Hantjie Jansen opwindende nuus. Sy Oom Jakwes, wat jare lank die Kerskoor se trommelmajoor was, tree af. Hantjie droom van kleintyd af daarvan om trommelmajoor te word, maar die bejaarde koorleiers wil niks daarvan weet nie. Twintig jaar gelede het sy pa ’n keuse gemaak wat die geliefde Old Righteous Blues Kerskoor in twee geskeur het. Toe twee vyandiggesinde groepe daarna ontstaan, het dit twis en vernietigende geweld in die gemeenskap veroorsaak. ’n Generasie later is daar ’n nuwe gevoel van eenheid in die land ná die eerste demokratiese verkiesing. Dit kan die geleentheid wees vir Hantjie om die gemeenskap te herenig en sy droom te verwesenlik, maar dit sal ’n titaniese stryd verg – en nie net om trommelmajoor te word nie. Dis ’n Romeo en Juliet-storie in Robertson, gekruie met liefde, begeerte, ambisie en die verskrikking van ’n ou vete.