Logo

Varknek kerrie

12 September

4 persone

Braai

4

Kerrie met 'n skop!

Episode 11 Varknek kerrie
Bestanddele

8 Varknek tjops

1 Suurlemoen (sap)

1 sopie Olyfolie

2 Uie gekap

4 huisies Knoffel gekap

Vars Gemmer gerasper

2 sopies Medium Kerriepoeiers

2 sopies Appelkooskonfyt

50 g Tamatiepasta

1/2 sopie Sout

2 koppies Water

Vars Koljander

Metode
  1. Sny elke varknek tjop in die helfte en plaas in n groot bak, bedruip met suurlemoensap en meng goed dat al die vleis bedek is.
  2. Verhit die olie in jou potjie oor die kole en braai die uie tot sag. Voeg die knoffel, gemmer en kerriepoeier by en braai vir nog 1 minuut.
  3. Voeg die varknek tjops by en braai vir n paar minute dat hulle kan kleur vang.
  4. Voeg die appelkooskonfyt, tamatiepasta en sout by en roer alles goed saam.
  5. Voeg n bietjie water by en maak seker niks sit vas aan die bodem van die potjie nie. As alles reg lyk voeg die res van die water by, plaas die deksel op die potjie en laat die potjie stadig prut vir 20 minute.
  6. Haal die deksel af en laat dit prut vir nog 15 minute, dat van die vloeistof kan afkook. Voeg die room by en laat die potjie prut, sonder die deksel vir nog 10 minute, selfs langer, tot jy tevrede is met die samestelling van die kerrie.
  7. Haal die potjie van die vuur af en bedien met rys en vars koljanderblare
Bobotie Burger
Jan Braai
Sub Titel

Bobotie Burger

Gewildste Resepte