Logo

Pouse-braaibroodjies – Jan Braai vir Erfenis

01 Oktober

Vir ses braaibroodjies

Braai

Gebruik die konsep as 'n braaibroodjie - gebotter aan die buitekant en gebraai tot goudbruin oor die kole van jou vuur, met die rokerige korsie en perfek-gesmelte kaas binne-in.

Pouse-braaibroodjies
Bestanddele

12 snye brood

botter of olyfolie

Marmite of Bovril

240g Cheddar-kaas (gesny of gerasper)

Metode

LAAT WAAI!

  1. Bou die braaibroodjies: Smeer botter of olyfolie aan een kant van elke sny brood (dis die kant wat buitentoe sal kyk wanneer jy eers die braaibroodjie aanmekaar gesit het). Sit die helfte van die snye brood op hul botterkante neer, smeer ’n gewone hoeveelheid Marmite of Bovril oor hulle en strooi cheddarkaas oor. Bedek met die oorblywende snye brood en laat hulle botterkante boontoe wys. 
  2. Braaibroodjies is draaibroodjies. Jy moet braaibroodjies gereeld draai en jy braai hulle in ’n toeklaprooster. As jy nie een het nie, koop een - verkieslik ’n rooster met verstelbare diepte sodat jy elke broodjie reg kan vasknyp. Jy wil matige hitte hê en die rooster moet redelik ver van die kole af wees. Jou doel is om die kaas gesmelt te hê teen die tyd dat die buitekante goudbruin is. Om te keer dat die braaibroodjies vassit, help dit as jy die rooster ’n paar keer oop-en-toe maak ná die eerste paar maal se omdraai. 
  3. Sodra jou braaibroodjies reg is, sny jy elkeen in die helfte. Ek glo die regte manier om ’n braaibroodjie te sny, is diagonaal, en die regte tyd om dit te eet, is onmiddellik.
Bratkartoffeln – Jan Braai vir Erfenis
Bratkartoffeln – Jan Braai vir Erfenis
Sub Titel

Bratkartoffeln – Jan Braai vir Erfenis

Gewildste Resepte