Logo

Nobu Styl Gebraaide Eiervrug - Jan Braai vir Erfenis

15 April

Braai

Belly of the Beast Restaurant

Jan braai vir erfenis
Bestanddele

Vir die marinade:

2 sopie Miso

2 sopie Heuning

1 sopie Vissous

1 sopie Ryswynasyn

1 sopie Sesame olie

Vir die mayonnaise:

1 Eier

200 ml Canola-olie

50 ml Sesame-olie

1/2 sopie Ryswynasyn

Knippie sout

Vir opdien:

Vars gemmer - gerasper

Vars lemmetjie of suurlemoenskil

Vars koljanderblare

Metode

LAAT WAAI:

  1. Gebruik jou skerpste mes en sny die eiervrug in die helfte, sny kepe in die boonste gedeelte van die “vleis’ van die eiervrug in ‘n diamantvorm. Moet nie reg deur die vel sny nie, net bolangs sodat die marinade regdeur die eiervrug kan intrek.

  2. Meng al die bestandele saam vir die marinade en gooi dit oor die eiervrug in ‘n bak, laat die eiervrug marineer met hulle “vleiskant” na onder vir ‘n paar uur terwyl jy solank die vuur aansteek.

  3. Maak die mayonnaise: Breek die eier in die houer van jou handmenger. Voeg die sout en ryswynasayn by. Voeg die sesame olie en canola olie laaste by en laat dit bo-op dryf.

  4. Plaas jou handmenger reguit af in die mengsel en begin meng deur jou handmenger heel onder in die houer stil te hou en meng. Die mengsel sal stadig maar seker bymekaar begin kom en soos mayonaise begin lyk. Wanneer meeste van die olie deel is van die mengsel beweeg die handmenger stadig op en af om al die laaste olie deel te maak van die mengsel totdat alles goed saam gemeng is en jy perfekte mayonaise het. Hou die mayonnaise so lank in die yskas.

  5. Braai die eiervrug oor warm kole, begin met die vleiskant na onder vir omtrent 3 - 4 minute. Daarna draai dit om en braai dit vir omtrent 6 minute met die vel kant na onder. Waneer die vel lekker geskroei is en die binnekant begin borrel en taai word is jou eiervrug reg vir afhaal.

  6. Bedien die eervrug op ‘n bord en rasper vars gemmer en lemmetjie of suurmelmoenskil oor. Sit klein skeppies mayonnaise bo op die eiervrug en bedien met vars koljanderblare.

JBVE S13 Ep 1 Roosterkoek
Roosterkoek met gebraaide hoenderlewerpatee – Jan Braai vir Erfenis
Sub Titel

Roosterkoek met gebraaide hoenderlewerpatee – Jan Braai vir Erfenis

Gewildste Resepte