Logo

Bobotie Burger

05 September

4 burgers

Braai

5

Bobotie is ’n superster in die Suid-Afrikaanse kookkunserfenis. Die oorspronklike manier om die gereg te maak is natuurlik op ’n vuur, want bobotie was ’n ding nog lank voordat elektrisiteit ’n ding was.

Bobotie Burger
Bestanddele

Vir die burgers:

4 Burgerrolletjies

Olyfolie / Botter

2 Piesangs opgekap

1/2 koppie Gewone jogurt

Suurlemoensap

4 Eiers gebak

Blatjang

2 Tamaties gesny

1 Ui gesny

Vir die patties:

500 g Beesmaalvleis (of 4 hoë-gehalte burgerpatties)

1 sopie Druiwe asyn

1 sopie Appelkooskonfyt

1 sopie Medium kerriepoeier

1 teelepel Borrie

1 teelepel Sout

1 teelepel Peper

Metode
  1. Gooi al die asyn, appelkooskonfyt, kerriepoeier, borrie, sout en peper saam en meng. Dan roer jy die mengsel by die maalvleis totdat dit eweredig deur die vleis versprei is.
  2. Vorm die bobotie-gegeurde maalvleis in vier ewe groot burgerpatties. Jou twee skoon hande is heeltemal in staat om burgerpatties uit maalvleis te maak, maar ’n burgerpers maak die taak nóg makliker.
  3. Maak die piesangsambal deur die piesang met die jogurt en ’n druksel vars suurlemoensap te meng. Sit in jou yskas vir later.
  4. Braai die burgerpatties in ’n rooster op warm kole en mik vir 10 minute se braaityd altesame. Draai drie keer sodat elke kant twee keer kole toe gekyk het. Die suiker in die appelkooskonfyt en die speserye in die kerrie maak by die maalvleis ingemeng is, maak hierdie patties meer vatbaar daarvoor om te brand as die gewone 100%-bees weergawe. Daarom braai ons hulle oor ’n matiger hitte en draai meer gereeld om. Om te keer dat die burgerpatties aan jou rooster vasklou kan jy ’n kombinasie van die volgende taktiek gebruik: Gebruik ’n rooster met dikker stafies; spuit die rooster vooraf met kleefvrye spuitgoed; pak die patties sagkens uit op die rooster sodat jy hulle nie deur die stafies druk nie; braai oor baie warm kole sodat die patties seël voordat hulle in die rooster insak; wikkel ’n bietjie aan die patties met jou braaitang of ’n spatel sodra hulle begin braai en seël sodat die effens-gebraaide vleis (en nie die rou vleis nie) met die rooster kontak maak. Namate die vleis gaarder raak, sal dit natuurlik van die rooster begin losraak.
  5. Botter of olie die binnekante van die oopgesnyde rolletjies en gee hulle hitte op die rooster, maar wees versigtig dat jy hulle nie te rof rooster nie (ons bly weg van die woord brand).
  6. In die doodsnikke van die braai, moet jy ’n paar balle in die lug hou. So as jy nie mal is oor ’n klomp take nie, span jou braai-assistent in om die vier eiers aan die een kant te bak sodat hulle net reg is en steeds warm wanneer julle die burgers bou.
  7. Bou die burger: Rolletjie, piesangsambal, pattie, blatjang, tamatie, uie, gebakte eier, rolletjie.
Episode 9   Hoender satay sosatie
Jan Braai
Sub Titel

Hoendersatay sosaties

Gewildste Resepte