Logo

Gebraaide Kreefsterte met Gnocchi - Jan Braai vir Erfenis

22 April

Braai

Belly of the Beast Restaurant

Jan Braai resepte
Bestanddele

Om die gnocchi in te braai

Botter

Olyfolie

2 Knoffelhuisies - fyn gekap

Vir die Gnocchi

6 kg Aartappels

1 Eier

2 Koppies Meel

1/2 Koppie Parmesan Kaas

1 Sopie Vars Sprietuie - fyn gekap

Vir die sous

Jan Braai peri peri sous

Franse styl mayonnaise

Vars sprietuie vir garnering

Metode

LAAT WAAI:

  1. Maak die gnocchi: Bak die aartappels in jou gasbraai or oond. Jy hoef niks ekstra by te voeg nie, jy soek slegs die sagte, gekookte binnekant aan die einde.

  2. Waneer die aartappels gekook is, laat dit afkoel en trek dan die skille af en druk die binnekant fyn. Voeg die eier by by die afgekoelde aartappels en meng met n vurk of lepe totdat alles goed saam gemeng is.

  3. Was nou jou hande en voeg die parmesankaas sprietuie, sout, peper en een koppie meel by die aartappelmengsel. Meng die aartappelmengsel nou met n skoon hand, voeg dan die ander koppie meel by en meng dit alles saam tot dit n lekker deeg vorm.

  4. Waneer jy n lekker stewige, maar sagte stuk aartappeldeeg het, gebruik helfte van die deeg op ‘n slag en rol dit in ‘n wors vorm op ‘n oppervlak wat met meel bestrooi is.

  5. Sny nou die stuk deeg wat lyk soos n wors in kleiner stukkies van omtrent 2 cm elk en rol dit weer in ‘n bietjie deeg. Elke stukkie moet bedek wees met meel om te verhoed dat dit vassit waneer dit kook.

  6. Kook water in ‘n potjie op die vuur. Voeg die gnocci by die kookwater, dit gaan baie vinnig kook, slegs n paar minute. Waneer die gnocci-stukkies dryf na die oppervlak van die water is dit reg en jy kan dit maar uitskep.

  7. Skep die gekookte gnocci in ‘n vergietes of gebruik n gaatjieslepel en laat dit rus in n’ bord.

  8. Verhit die olie, botter en knoffel in n pan en braai die gnocchi in die pan aan beide kante totdat dit bruin en bros is.

  9. Sny die kreefsterte in die helfte met n baie skerp mes of sker en bedruip met olyfolie, sout en peper.

  10. Braai die kreefsterte oor baie warm kole, eers vir n paar minute met die vleiskant na onder en dan vir die res van die tyd met die skulgedeelte na onder. Braai dit vir ongeveer 8 - 10 minute in totaal.

  11. Meng die Jan Braai Peri Peri Sous met die mayonnaise.

  12. Bedien die gnocchi onder op jou bod, sit n kreefstert helfte bo op, en bedruip met jou per peri mayonaise. Bedruip die hele dis met die gesmelste botter waarin jy die gnocci in gebraai het en gooi vars sprietuie oor. 

JBVE S13 Ep 1 Roosterkoek
Roosterkoek met gebraaide hoenderlewerpatee – Jan Braai vir Erfenis
Sub Titel

Roosterkoek met gebraaide hoenderlewerpatee – Jan Braai vir Erfenis

Gewildste Resepte