Logo

Witvisfilette met chermoula sous – Jan Braai vir Erfenis

03 September

Bedien ses mense.

Braai

Witvisfilette kan nogal saai wees, maar dié resep uit Noord-Afrika sal die probleem oplos. Die keurige kombinasie van kruie en speserye het ’n baie geurryke visdis tot gevolg, sonder om die monde van sensitiewe eters te verbrand.

Jan Braai vir Erfenis witvisfilette met chermoula sous
Bestanddele

6 porsies vars witvisfilette (bly weg van stokvis, hy is te sag om te braai)

½ koppie olyfolie

1 suurlemoen se sap

2 sopies opgekapte koljander

2 sopies opgekapte pietersielie

3 huisies knoffel (gekneus of opgekap)

½ sopie paprika

1 teelepel fyn komyn

1 teelepel fyn koljander

1 teelepel sout

Metode

LAAT WAAI!

  1. Maak die marinade in 'n geskikte bak deur al die bestanddele saam te meng (behalwe natuurlik die vis). Sit dan die visfilette in die bak marinade en maak seker al die kante van al die filette is toe met marinade.
  2. Laat die vis vir een uur marineer.
  3. Sit die vis in 'n toeklaprooster en braai vir ag tot 12 minute op matige-tot-warm kole totdat dit gaar is. Draai die rooster net een keer om, want die visfilette kan maklik vlok en opbreek. Wees ook versigtig om die filette nie te lank te braai nie, want hulle droog vinnig uit.

Dié marinade is ook lekker by hoender of mielies wat jy braai oor die kole van 'n houtvuur.

Jan Braai vir Erfenis Sherry en Boerewors Sliders
Sherry en Boerewors Sliders – Jan Braai vir Erfenis
Sub Titel

Sherry en Boerewors Sliders – Jan Braai vir Erfenis

Gewildste Resepte