Logo

Pleisterburger – Jan Braai vir Erfenis

23 Julie

Vir vier burgers

Braai

Met hierdie resep verdeel jy maalvleis in porsies, pleister hom sodat hy soos die familie van ’n burgerpattie lyk. Ons wys jou hoe om dit voor te berei en gaar te maak.

Jan Braai pleisterburgers
Bestanddele

500 g maer beesmaalvleis

4 burgerrolletjies

olyfolie

sout en peper

Jan Braai Basting sous

120 g goeie-gehalte Cheddar-kaas (gesny of gerasper)

agurkies in dun skywe gesny

rooi ui in dun ringe gesny

Metode

'n Paar riglyne:

  • Jy het 'n wapen nodig om die burgers mee te, kom ons sê maar, pleister. 'n Swaar metaalspatel sal die ding doen. En 'n troffel waarmee 'n messelaar mure met beton pleister sal ook goed werk. Maar gebruik natuurlik een wat nie regtig al gebruik is om mure mee te pleister nie.
  • Gebruik 'n gietyster braaipan wat jy netso op die vuur kan sit. Jy het 'n plat oppervlak nodig wat baie hoë hitte kan hanteer. As jy nie so 'n pan het nie, kan jy die deksel van jou potjie onderste draai en daarmee werk.
  • Hoe minder jy aan die vleis raak of karring, hoe beter. Jy wil maalvleis gebruik. Hoe meer jy dit in 'n vorm druk, hoe digter gaan dit wees en dis nie wat jy wat moet gebeur nie. Jy wil hê daar moet 'n klomp kolle lug in die maalvleis wees waarin die sappigheid en vet kan gaan sit wanneer dit loskom namate die burger braai. Uiteindelik wil jy in daardie sappige pattie inbyt. As jy al die lugkolle uitdruk, het die sappe nêrens in die pattie om op te dam nie en gaan dit net verlore gaan.
  • Wanneer jy die vleis pleister sal sommige stukkies vleis sommer mooi met die gietyster-oppervlak kennismaak, wat beteken hulle gaan lekker krokant en bros raak.
  • Al wat jy by hoef te sit is sout en peper - niks anders nie. Dit kan jy doen terwyl jy braai.

LAAT WAAI!

  1. Deel jou maalvleis in vier hopies. Moenie te veel aan die vleis raak nie. Gebruik jou skoon hande en vorm die vleis versigtig en baie liggies in 'n bol en onthou om die kante los en toiingrig te hou.
  2. Sit jou gietyster pan reg bo die vlamme om die oppervlak skroeiend warm te maak. Gooi 'n bietjie olie in die pan.
  3. Sit die vier bolle vleis op die warm oppervlak en gebruik jou gekose wapen om ’n vlugtige, aggressiewe stukkie druk op elkeen toe te pas. Maak so seker dat al vier eweredig plat is en min-of-meer die grootte van burgerpatties. Gooi sout en peper oor.
  4. Ná 'n minuut of twee, wanneer jy kan sien dat die vleis se kleur verander soos dit gaarder raak, gebruik jy jou spatel om die patties van die braaipan los te krap en om te draai. Gooi sout en peper oor die ander kant. Bedruip met Jan Braai sous. Sit ook dadelik die kaas op elke pattie. Braai op hierdie kant vir nog twee of drie minute.
  5. Terwyl die patties so braai, olie jy die binnekante van die oopgesnyde rolletjies en rooster hulle in die pan, maar wees versigtig dat jy hulle nie te rof rooster nie (ons bly weg van die woord brand).
  6. Bou die burger: Rolletjie, burgerpattie netso van die vuur af, aghurkies, rooi uie, rolletjie.
Jan Braai Braaibroodjie Feature Image
Gerookte hoender-mayo braaibroodjies
Sub Titel

Gerookte hoender-mayo braaibroodjies

Gewildste Resepte