Logo

Thai styl Varknek met Nam Jim Jaew sous - Jan Braai vir Erfenis

27 Mei

Braai

Jan Braai lê besoek af by die Melting Pot restaurant om te kyk watter kulinêre lesse hy by sjef John Van Zyl kan leer.

Jan braai vir erfenis
Bestanddele
Metode

WAT JY NODIG HET:

 

VIR DIE SOUS:

2 sopies vissous

2 sopies heuning

2 sopies lemmetjiesap 

1 sope gedroogde rissievlokkies (opsioneel)

2 sprietuie (opgesny) 

¼ koppie vars koljanderblare (rof gekap)

1 rooi ui (dun gesny)

½ koppie droe sushi styl rys

1 - 2 sopies water (soos wat jy dit nodig kry)

 

MARINADE VIR DIE VARKNEK:

4 varknek steaks

1 sopie vissous

2 sopies sojasous

1 sopie sesame olie

1 sopie bruin suiker

2 knoffelhuisies (gekap)

1 rooi brandrissie (opsioneel)

 

VIR OPDIEN:

Vars slaaiblare

Wortel (gesny in repies)

Vars koljanderblare

Vars kruisementblare

Vars basiliekruidblare

 

LAAT WAAI:

  1. Maak die ryspoeier wat in die sous ingaan:Plaas n pan oor medium hitte op jou vuur en rooster die droe sushi rys in die warm pan. Wees versigtig dat dit nie brand nie, maar net mooi ligbruin rooster vir omtrent 5 minute. Waneer die rys reg is, gooi dit uit die pan in n bord sodat dit kan afkoel. Waneer die rys koud is, sit dit in jouvysel en stamper en maal dit fyn tot dit n fyn poeier is.
  2. Maak die sous deur al die bestandele vir die sous bymekaar te gooi. Jy kan minder of meer brandrissie bygooi, maar die hoofdoel hier is nie dat die sous te veel moet brand nie.
  3. Meng alles saam vir die marinade en gooi dit oor die varknek steaks en laar die vleis vir so uur of 2 marineer. 
  4. Braai die vark oor warm kole, gebruik jou ketelbraai of roker en maak dit toe vir n paar minute om dit ‘n ekstra rookgeur te gee. Haal die vleis van die vuur af en laat dit rus, voor jy dit opsny in repies.
JBVE Ep 5
Gebraaide Steak Tataki – Jan Braai vir Erfenis
Sub Titel

Gebraaide Steak Tataki – Jan Braai vir Erfenis

Gewildste Resepte