Logo

Pap en vleis (Test Kitchen-styl) – Jan Braai vir erfenis

17 Junie

Braai

Pap en vleis kry 'n luukse kinkel in dié heerlike resep van "The Test Kitchen". 

JBVE Recipe Image Ep 11
Bestanddele

Vir die chakalaka:

olyfolie

1 ui (gekap)

1 soetrissie (groen, geel of rooi, gekap)

1 wortel (gerasper)

2 knoffelhuisies (fyn gekap)

gemmer (selfde hoeveelheid as die knoffel, gerasper)

2 t medium sterkte kerriepoeier

1 blikkie of sakkie tamatiepasta (omtrent 50 g)

1⁄2 k vloeistof (water,wyn, bier, sap)

sout en peper

Vir die pap:

3 k water

2 k mieliemeel

1 t sout

botter - om die pap te braai

Vir die sous vir die steak:

2 sopies gesoute botter

1 t swart peper

1 sopie bovril or OXO

1 sopie brandewyn

1 k vars room (250 ml)

Wat jy benodig:

4 steaks van ongeveer 200g elk (van jou keuse, beeshaas (fillet) werk goed in die resep)

Metode

LAAT WAAI:

  1. Gooi 2 van die 3 koppies water en die teelepel sout in ’n pot en kry die water aan die kook: As jy met ’n vuur werk, sit die pot op die vlamme; as jy dit op die stoof maak, draai die knoppie totdat die temperatuur op sy hoogste is.
  2. In ’n afsonderlike bak, meng die twee koppies mieliemeel met die oorblywende koppie water. Die water wat jy gebruik, moet kamertemperatuur wees. My pa het dié slim stap vir my geleer – dis belangrik en moet ordentlik gedoen word. As jy al die mieliemeel regstreeks in die kokende water gooi, is die kans veel groter dat klonte in die pap gaan vorm.
  3. Sodra die water in die pot kook, meng die mieliemeel-en-water-mengsel met ’n houtlepel by die kookwater in. Dit sal jou tussen 1 en 2 minute neem.
  4. Sit die deksel op die pot en laat dit vir 25 minute oor flou hitte prut. Op ’n vuur beteken dit jy moet die pot van die vlamme afaal en dit op ’n paar kole sit.
  5. Jy mag een of twee keer ’n ogie oor die pap gooi om seker te maak dit prut nog (nie kook nie – te warm; of leweloos lê nie – te koud), maar moenie die deksel te dikwels oplig nie omdat te veel water dan as stoom verlore sal gaan. Ná 25 minute sal die pap reg we
  6. Maak die chakalaka: Verhit 2 sopies olyfolie in jou vuurvastepan of potjie en braai die uie, soetrissie en wortel sag. Voeg die knoffel en gemmer by en braai vir nog n minuut. Voeg dan die kerriepoeier en tamatiepasta by en brai vir n paar minute tot al die lekker geure begin ontwikkel. As dinge begin lyk of dit te droog raak of wil vasbrand, voeg n bietjie water by, maak die stukkies wat onder in die pan of potjie vassit net los. Voeg nou n halwe koppie vloeistof by en laat dit stadig prut terwyl  jy die res van die vleis braai. Jy kan teen die tyd ook die smaak verstel en sout en peper byvoeg na smaak.
  7. Maak die sous: Smelt die botter in jou pan of potjie op die vuur en voeg die swart peper by die botter en laat dit braai vir omtrent 2 minute. Voeg die bovril en brandewyn by en meng alles goed saam. Voeg die room laaste by en laat dit rustig prut en verdik.
  8. Braa jou steak direk op die kole, sonder ‘n rooster tot dit medium gaar is en die interne temperatuur van die vleis is 52”C binne. Gebruik jou skoon tang om enige kole af te vee wat dalk vassit aan die vleis, maar dit is gewoonlik verbasend min. Laat die steak rus vir 5 minute terwyl jy al jou bykosse regkry.
  9. Terwyl jou vleis rus, gebruik jou grootste uitdrukker wat jy gebruik as jy koekies bak en sny 4 ewe groot sirkels uit jou pap. Braai die pap sirkels in botter in jou pan op die vuur tot dit deurwarm is en die kante bros.
  10. Bedien jou maaltyd: Begin met die ronde gebraaide pap sirkel onder, sit n lagie chakalaka bo op die pap sirkel, en dan repies steak. Bedruip die steak met die sous bo oor en garneer dit met vars kruie.
Hitte met Herman: Episode 1 – Kokkedoor Vuur & Vlam