Logo

Sherry en Boerewors Sliders – Jan Braai vir Erfenis

20 Augustus

Vir omtrent 30 stukke.

Braai

Dis die koswêreld se beskrywing vir ’n miniatuur hamburger of, om meer presies te wees, ’n stukkie vleis op ’n mini-broodrolletjie.

Jan Braai vir Erfenis Sherry en Boerewors Sliders
Bestanddele

1,2 kg boerewors (medium dikte)

2 koppies sjerrie

3 uie (fyngekap)

1 sopie olyfolie

1 sopie botter

3 huisies knoffel

1 lang vars baguette

sosatiepenne

Metode

LAAT WAAI!

  1. Sny die boerewors in stukke van omtrent 6 cm elk.
  2. Sit die stukke boerewors in ’n mengbak en giet die sjerrie daaroor uit. Bedek die bak en laat die boerewors vir ’n paar ure in die yskas marineer.
  3. Haal die stukke boerewors uit die sjerrie en ryg dit op die sosatiepenne. Dit maak nie saak hoeveel sosatiepenne jy gebruik nie, want dis nie ’n geval van een pen vir elke mens nie. Moenie van die sjerrie ontslae raak nie.
  4. Wanneer die vuur brand, verhit ’n vuurvaste pan of potjie en soteer die fyngekapte uie in die olie en botter vir omtrent vyf minute. Voeg die knoffel by en soteer vir nog ’n minuut.
  5. Vat die sjerrie waarin die boerewors geswem het, giet dit in die pan by die uie en knoffel, en kry dit aan die kook. Roer gereeld terwyl jy die helfte daarvan laat wegkook.
  6. Sit die gemarineerde boerewors-sosaties op ’n toeklaprooster, maak hom toe en braai oor warm kole vir omtrent 8 minute tot gaar. Laat elke kant minstens twee keer kole toe kyk – dit beteken jy moet die rooster altesame minstens drie keer omdraai.
  7. Terwyl julle braai, kan jy of een van jou braai-assistente die baguette in dun snye verdeel (ons wil die verhouding op die maksimum vleis tot brood hou, so sny hom dun).
  8. Pak die baguette-snye op ’n kerfplank uit en gee elke stuk ’n skeut van die sjerrie-en-uiesous.
  9. Wanneer die boerewors reg is, haal dit van die vuur af, trek die sosatiepenne uit en pak ’n stuk gebraaide sjerrie-boerewors op elke voorbereide sny van die baguet.

.

Jan Braai potjie lasagne
Braai Potjie Lasagne – Jan Braai vir Erfenis
Sub Titel

Braai Potjie Lasagne – Jan Braai vir Erfenis

Gewildste Resepte