Logo

Gebraaide beestong prego – Jan Braai vir Erfenis

29 April

Braai

Beïndruk jou gaste met dié lekker resep!

JBVE S13 Ep4 Recipe Image
Bestanddele

Om te bedien:

vars broodrolletjies

vars tamatie (gesny in skywe)

vars blaarslaai

Jan Braai Prego Sous

Vir die beestong:

1 heel beestong (die verpakking sal heel moontlik sê gepekelde beestong)

sout en peper

125 ml gesoute botter

olyfolie

4 knoffelhuisies (geskil en rof gekap)

vars tiemie

Vir die Geuwels roosterkoek:

1 kg witbrood meel

625 ml louwarm water

1 sakkie kitsgis

1 sopie sout

1 sopie suiker

125 g botter

Metode

LAAT WAAI:

  1. Maak die roosterkoek: Meng die meel, sout en gis saam. Smelt die botter en hou dit eenkant om effens af te koel. Voeg die water by die meel en meng dit goed tot dit ʼn sagte deeg vorm. Voeg die gesmelte botter stadig by en meng tot alles goed saam gemeng is en die deeg glad en blink is.
  2. Plaas die deeg in ‘n bak en bedek dit met kleefplastiek. Laat dit rys tot dubbel die grote. Indien jy baie tyd het kan jy dit ook oornag in die yskas los.
  3. Knie die deeg af en gebruik jou hande om roosterkoeke te vorm. Vryf ‘n bietjie olie op jou hande om te help dat die deeg nie vassit nie. Laat die roosterkoeke weer rys en braai dan oor matige hitte. Draai die roosterkoeke gereed en braai tot hulle bros is en hol klink aan die buite kant en sag en gaar binne.
  4. Sny die tong in skywe en geur met sout en peper. Braai die tong steaks oor baie warm kole vir omtrent 5 - 7 minute. 
  5. Smelt die botter in ‘n pan aan die kant saam met die knoffel en tiemie. Laat dit effens afkoel.
  6. Laat die steaks rus in hierdie pan met die botter terwyl jy solank al jou bestanddele regkry.
  7. Bedien die tong binne die roosterkoek met snye tamatie, blaarslaai en ʼn mildelike hoeveelheid Jan Braai Prego sous.
JBVE S13 Ep 1 Roosterkoek
Roosterkoek met gebraaide hoenderlewerpatee – Jan Braai vir Erfenis
Sub Titel

Roosterkoek met gebraaide hoenderlewerpatee – Jan Braai vir Erfenis

Gewildste Resepte