Logo

Roosterkoek met gebraaide hoenderlewerpatee – Jan Braai vir Erfenis

08 April

Braai

Belly of the Beast Restaurant

JBVE S13 Ep 1 Roosterkoek
Bestanddele

Om te bedien:

Jan Braai Peri-Peri sous

Vars tiemie

Vir die gebraaide hoender lewerpatee:

250 g (1 houer) hoender lewers

olyfolie vir braai

1 1 ui, fyn gekap

2 huisies knoffel, fyn gekap

sout en peper

takkie vars tiemie

125 ml Port of Sherry

2 sopies botter, kamer temperatuur

1 sopie vars room

Vir die Roosterkoek:

1 kg koek- of broodmeel

1 sopie sout

1 pakkie kitsgis

850 ml louwarm water

Metode

LAAT WAAI!

  1. Spoel die hoender lewers af onder koue water en verwyder al die los stukkies indien nodig.
  2. Verhit die olie in jou pan op die vuur en braai die uie tot sag. Voeg die knoffel en hoender lewers by, en geur met sout en peper. Braai die hoender lewers ordentlik tot hulle goed gaar is en die kante van die lewers begin bruin en bros raak.
  3. Gebruik jou braaitang en haal die hoender lewers uit die pan en laat dit afkoel in n aparte bord, maar los al die lekker pansappe en uie in die pan. Voeg die takkie tiemie by asook die port en kook dit af, terwyl jy die stukkies loskrap wat dalk onder in die pan vassit.
  4. Plaas die hoendereiers en die sappe van die pan in jou voedselverwerker of gebruik ‘n handmenger en maal dit tot dit fyn en glad gemeng is.
  5. Voeg dan die botter by en meng weer tot alles goed saam gemeng is.
  6. Laaste voeg die room by, voeg sout en peper by indien jy dink het ekstra geur nodig.
  7. Plaas die hoender lewerpatee in ‘n bak (of selfs klein aparte bakkies indien jy vir jou gaste elk hulle eie porsie wil gee). Bedek dit met kleef plastiek en laat dit rus in die yskas, verkieslik oornag of ten minste ‘n halwe dag.
  8. Vir die Roosterkoek: Meng die meel, sout en gis saam, voeg die water by en gebruik ‘n houtlepel om alles bymekaar te bring. Knie jou deeg met jou hande op ‘n skoon oppervlak wat jy bestrooi met ekstra meel tot, dit ‘n gladde bol deeg is. Plaas dit in ʼn bak, bedek met kleef plastiek en laat dit rys tot dubbeld die volume.
  9. Strooi weer meel op jou skoon tafel of oppervlak en strek die deeg uit met jou hande tot dit ‘n groot plat stuk deeg is. Gebruik ʼn deegsnyer of jou skerpste mes en sny die groot stuk deeg in kleiner roosterkoeke. Bestrooi die roosterkoeke met ‘n bietjie ekstra meel indien jy dink dit is nodig.
  10. Bak jou roosterkoeke oor medium hitte kole, draai die roosterkoeke gereeld en bak hulle op alle kante en sye. Die roosterkoek moet bros en hard aan die buitekant wees, en sag en deurgebak aan die binnekant.
  11. Bedien die roosterkoek met jou hoender lewerpatee en bedrup met Jan Braai Peri-Peri sous en vars tiemie.
Somer-lensiesop met komkommerslaai
Somer-lensiesop met komkommerslaai – Nataniël.Erik.Wolf.
Sub Titel

Somer-lensiesop met komkommerslaai – Nataniël.Erik.Wolf.

Gewildste Resepte