Logo

Varknekkerrie – Jan Braai vir Erfenis

30 Julie

Bedien vier mense.

Braai

Goeie kos hoef nie moeite te neem nie, indien dit jou meer as 'n uur neem van die eerste stap tot jy opskep, doen jy moontlik iets verkeerd. Die varknektjops is klaar sag, so hulle hoef nie ure te prut nie.

jan braai vir erfenis varknekkerrie
Bestanddele

8 varknektjops

1 suurlemoen (sap)

1 sopie olie of botter

2 uie (opgekap)

4 huisies knoffel (opgekap)

vars gemmer (dieselfde hoeveelheid as die knoffel, gerasper)

2 sopies medium kerriepoeier

2 sopies appelkooskonfyt

2 sopies tamatiepasta (of ’n 50 g-pakkie)

½ sopie sout

2 koppies water

1 koppie vars room

Metode

'n Paar riglyne:

Die twee sopies medium kerriepoeier in die resep is nie ’n drukfout nie, so gooi alles by. Medium kerriepoeier het regtig nie baie brandrissie in nie. As jy soveel bygooi, gee dit die maaltyd lekker baie geur, maar is die gevaar dat jy of jou gaste julle monde gaan verbrand nie groot nie. Die varknektjops is klaar sag, so hulle hoef nie ure te prut nie.

Ek het geen idee hoe hierdie kerrie smaak as hy koud is of die dag ná die braai nie. My gaste verorber hom sommer dadelik.

LAAT WAAI!

  1. Sny elke varknektjop in die helfte, gooi hulle in ’n bak en druk die suurlemoensap oor hulle uit. Wikkel die spulletjie rond en versprei die suurlemoensap eweredig.
  2. Verhit die olie in jou potjie en braai die uie vir omtrent vier minute.
  3. Gooi nou die knoffel, gemmer en kerriepoeier by en roer die spulletjie vir ’n minuut rond.
  4. Voeg die varktjops by en braai in die potjie tot hulle almal ’n bietjie kleur het.
  5. Gooi die appelkooskonfyt, tamatiepasta en sout by en roer deeglik.
  6. Nou gooi jy ’n bietjie van die water by en gebruik dit om die taai stukkies teen die potjie se bodem los te krap. Sodra jy tevrede is, gooi die res van die water in en meng.
  7. Verhit die potjie tot hy prut en sit die deksel op. Ná 20 minute, haal die deksel af en laat hom so oop prut totdat die helfte van die vloeistof weggekook het.
  8. Meng die room by en laat dit aanhou prut totdat die helfte van die vloeistof weer weggekook het. Eintlik laat jy maar net die potjie kook totdat die sous vir jou dik genoeg is.
  9. Haal die potjie van die vuur af en bedien met kapokaartappels.
Jan Braai pleisterburgers
Pleisterburger – Jan Braai vir Erfenis
Sub Titel

Pleisterburger – Jan Braai vir Erfenis

Gewildste Resepte