Logo

Gebraaide Steak Tataki – Jan Braai vir Erfenis

06 Mei

Braai

'n Interessante manier om jou "steak" daardie "x-faktor" te gee. 

JBVE Ep 5
Bestanddele

Om te bedien:

vars tiemie

spekboom blare

klein eetbare blommetjies

Vir die filet:

500 g bees filet

2 sopies sout

2 sopies suiker

125 ml botter

vars roosmaryn en tiemie

1 t Worcestersous

Vir die salsa:

1 rooi soetrissie

1 rooi ui

½ sopie Jan Braai Chipotle-sous

½ sopie Franse-styl mayonnaise

sout en peper

Metode

LAAT WAAI:

  1. Maak ʼn groot vuur, jy het baie warm kole nodig vir hierdie resep. Gooi jou rooi soetrissie en rooi ui reguit in die kole en laat dit skroei, tot dit swart en sag is. Haal die soetrissie uit die kole en laat dit afkoel. Verwyder dan die swart dele en skil en kap dit op in klein blokkies.
  2.  Meng die suiker en sout saam. Vryf die vleis oral oor met die mengsel en laat dit so rus vir 10 minute.
  3. Na 10 minute, gebruik handdoekpapier en vryf die meeste van die mengsel af van die vleis. Sny nou die filet in 4 kleiner porsies.
  4. Smelt die botter in ‘n pan met vars roosmaryn en tiemie, plaas die filet stukkies in die botter en maak seker dit is heeltemal bedek oraloor met die gesmelte botter. 
  5. Braai die filet stukkies oor baie warm kole aan al die kante vir omtrent 2 minute aan elke kant. Jy wil hê die vleis moet gebraai en geskroei wees aan die buitekant, maar meer na die rou kant in die binnekant. Haal die vleis van die vuur af en laat dit rus vir ten minste 10 minute. 
  6. Terwyl jou vleis rus, meng die soetrissie, ui en mayonnaise saam en geur met sout en peper.
  7. Gebruik jou skerpste mes en sny nou die steaks in klein blokkies van omtrent 1cm grote blokkies en gooi in ʼn mengbak. Geur die vleis met sout, peper, olyfolie, Jan Braai Chipotle sous en n klein bietjie Worcestersous. 
  8. Gebruik ʼn koekie-uitdrukker en plaas ʼn lagie van jou rooi soetrissie mengsel onder, dan ʼn lagie van die vleis.
  9. Garneer die dis met spekboom en klein blommetjies. Vat ʼn takkie van die vars tiemie, en laat die punt aan die brand steek, plaas die tiemie wat nou rook langsaan jou vleis toring en bedek met ʼn bak sodat die rook alles daar binne kan geur. Verwyder die bak en bedien vir jou gaste.

 

JBVE S13 Ep4 Recipe Image
Gebraaide beestong prego – Jan Braai vir Erfenis
Sub Titel

Gebraaide beestong prego – Jan Braai vir Erfenis

Gewildste Resepte