Logo

Wildsvleis – Jan Braai vir Erfenis

08 Oktober

Bedien 8 mense.

Braai

Dis 'n lekker resep vir ontbeende wildsvleis en ons wys jou hoe om die marinade voor te berei vir die vleis.

wildsvleis sosaties
Bestanddele

1 sopie olie

2 uie (fyngekap)

1 teelepel borrie

1 koppie gewone bruinasyn

450 g fyn appelkooskonfyt

1 bottel blatjang (standaardgrootte)

8 wonderpeperbessies

3 naeltjies

½ sopie sout

1 heel kaneelstokkie

2 kg ontbeende wildsvleis (koedoe, gemsbok, springbok, ens., in blokkies gesny)

250 g droëperskes

250 g gedroogde appelkose

1 pakkie streepspek (in vierkante so groot soos die vleisblokkies gesny)

1 sopie medium kerriepoeier

Metode

LAAT WAAI!

  1. Verhit die olie in 'n potjie op die vuur of 'n pot op die stoof en braai die uie 'n paar minute daarin. Voeg dan die ander marinadebestanddele by. Roer deeglik, kry dit aan die kook en laat dit vir so 10 minute prut.
  2. Haal die marinade van die hitte af en laat dit 'n uur of twee afkoel tot kamertemperatuur. Gooi dit in 'n groot bak en voeg dan die vleis by. Maak die bak toe en laat die vleis vir minstens 12 ure in die yskas marineer, maar verkieslik vir twee of drie dae. Roer die vleis elke 8 tot 12 ure om seker te maak elke blokkie het alkant ordentlik kontak met die marinade gehad.
  3. Sit die sosaties aanmekaar deur die blokkies vleis saam met die blokkies spek, droëperskes en gedroogde appelkose op sosatiepenne te ryg.
  4. Braai die sosaties vir omtrent 12 minute oor medium-warm kole en stel jou rooster redelik hoog. Die suiker in die marinade en die suiker in die perskes en appelkose kan gou brand, so vat dit rustig met die hitte. Ons braai nie steak nie.
Pouse-braaibroodjies
Pouse-braaibroodjies – Jan Braai vir Erfenis
Sub Titel

Pouse-braaibroodjies – Jan Braai vir Erfenis

Gewildste Resepte