Logo

Gebraaide waatlemoen – Jan Braai vir Erfenis

03 Junie

Braai

‘n Interessante manier om by jou volgende braai ‘n stukkie waatlemoen op te kikker.

JBVE Ep 9 Gebraaide waatlemoen
Bestanddele

1 waatlemoen (jy gaan omtrent net n kwart gebruik, maar sny die res op en eet net so vars)

Om te bedien:

Vars kruisement of basieliekruidblare vir garnering

Vir die fetakaas-room:

100 g feta kaas (1 wiel feta)

1 k Griekse-styl volroom jogurt

1 e olyfolie (15 ml)

sout en peper na smaak (onthou die fetakaas is alreeds sout)

Vir die salsa:

1 1 hele sny waatlemoen (opgesny in klein blokkies)

1 t cayenne peper

2 sopies sesame saadjies (wit, swart of gemeng)

vars kruisement (of basieliekruid), rof gekap

Vir die vinaigrette:

2 sopies portwyn

2 sopies olyfolie

2 sopies rooiwyn asyn

Metode

LAAT WAAI:

  1. Vir die Fetakaas room: Gebruik ‘n voedselverwerker of handmenger en meng die fetakaas en jogurt saam tot dit n gladde room vorm. Voeg ‘n bietjie olyfolie by asook sout en peper en meng weer. Bere die mengsel in die yskas tot nodig. 
  2. Meng die portwyn, olyfolie en asyn saam in n glashouer en skud dit baie goed tot alles deeglik gemeng is en ‘n vinaigrette vorm.
  3. Sny een hele sny van die waatlemoen in kleiner blokkies van ongeveer 2cm. Geur die waatlemoenblokkies met cayenne peper, sesame saadjies en vars kruie. Hou dit in die yskas tot nodig.
  4. Maak seker jou vuur is super warm en voorverhit jou rooster op die vuur en kole sodat dit baie warm is voor jy begin braai. Die stap is baie belangrik om die beste karamelisasie op die waatlemoen te kry. Sny een dik sny uit die waatlemoen, en sny dan die sny in 4 kwarte.
  5. Braai die 4 waatlemoen kwarte op jou baie warm rooster, oor jou baie warm kole aan elke kant vir 2 minute. Haal die waatlemoen van die vuur af, en laat dit dadelik afkoel, as jy kan sommer in die yskas.
  6. Bedien jou dis: Plaas die blokkies waatlemoen onder op die bord. Plaas nou jou gebraaide kwart stuk waatlemoen bo-op. Plaas stukkies van die fetaroom bo-op die gebraaide waatlemoen. Nou bedruip jy alles met jou portwyn vinaigrette, en garneer met vars kruie (kruisement of basieliekruid)
Jan braai vir erfenis
Thai styl Varknek met Nam Jim Jaew sous - Jan Braai vir Erfenis
Sub Titel

Thai styl Varknek met Nam Jim Jaew sous - Jan Braai vir Erfenis

Gewildste Resepte