Logo

Tjakalaka – Jan Braai vir Erfenis

09 Julie

Braai

Tjakalaka is nogals eenvoudig en baie smaaklik. Soos met boerewors en krummelpap, is daar ook duisende, of selfs miljoene, resepte in Suid-Afrika. Hierdie is my weergawe van hierdie fantasiese dis!

Jan Braai
Bestanddele

3 sopies olyfolie

3 uie gekap

3 huisies knoffel gekneus en opgekap

1 t fyn gemmer varsgerasper

2 brandrissies vars en opgekap

3 soetrissies (enige kombinasie van groen, geel en rooi) ontpit en opgekap

4 wortels geskil en gerasper of opgekap

2 lourierblare

1 sopie kerriepoeier medium-sterkte

1 sopie paprika

1 blikkie opgekapte tamaties

50 g tamatiepasta

1 blikkie sousboontjies

sout na smaak

peper na smaak

vars koljander om mee te bedien

Metode

LAAT WAAI!

  1. Verhit die olie in jou potjie en braai die uie tot deurskynend.
  2. Gooi die knoffel, gemmer, brandrissie, soetrissies, wortels en lourierblare by en roer saam met die uie rond.
  3. Gooi nou die kerriepoeier en paprika by en braai vir nog ’n minuut om die speserye te rooster, maar gaan aan na die volgende stap voordat dinge brand.
  4. Voeg nou die tamaties en tamatiepasta by en meng deeglik. Sit die deksel op en laat die potjie prut op medium tot lae hitte vir 30 minute sodat die geure kan ontwikkel en die wortels en enige ander harde bestanddele kan sag kook.
  5. Gooi die bone by, meng deur en laat prut vir nog 10 minute.
  6. Proe en gooi sout en peper by as jy lus is.
  7. Bedien met vars koljander en saam met krummelpap en gebraaide boerewors.
Katemba Potjie JBVE S12 Image
Katemba potjie
2 July 2022

Katemba potjie

Gewildste Resepte