Logo

Bratkartoffeln – Jan Braai vir Erfenis

10 September

Bykos wat ses mense bedien.

Braai

Bratkartoffeln is vir die Duitsers wat tjips vir die Amerikaners is. Dit is die standaard bykos vir vark, hoender, steak en vis.

Bratkartoffeln – Jan Braai vir Erfenis
Bestanddele

1kg aartappels

2 sopies botter

1 sopie olie (olyf- of ander plantolie)

2 uie (fyn opgekap)

6 stukke spek sonder korsies (in klein stukkies opgesny; as jy Afrikaanse gaste het, beïndruk hulle deur te praat van swoerdlose spek)

2 sopies opgekapte pietersielie

sout en swartpeper (om na die tyd by te voeg)

Metode

LAAT WAAI!

  1. Kook die aartappels skil en al tot net voordat hulle reg is – sag, maar steeds ferm. Dit sal omtrent 20 minute neem en jy kan dit ure voor die tyd of selfs die vorige dag doen. Haal hulle uit die water en los hulle vir so tien minute om effens af te koel.
  2. Laat die aartappels heeltemal afkoel. Jy kan hulle selfs in die yskas sit.
  3. Sny die gekookte aartappels in skywe 5mm (½ cm) dik, of in klein blokkies.
  4. Gebruik ’n groot staalpan, voeg helfte van die olie en botter by en braai die aartappelstukke vir ’n paar minute aan albei kante tot goudbruin. Jy het ’n groot pan nodig om al die aartappelstukke aan die bodem bloot te stel sodat hulle kan panbraai. Hulle moenie gaar stoom nie! As jou pan nie groot genoeg is nie, verdeel die bestanddele en doen dit in twee sarsies.
  5. Voeg die uie, spek en die res van die olie en botter by die pan se inhoud en hou aan braai totdat die uie goudgeel en deurskynend, die spek gaar en die aartappels lekker bruin en bros is. Werk versigtig wanneer jy die aartappels omdraai sodat jy nie te veel van hulle breek en papdruk nie. ’n Groot spatel werk die beste hiervoor.
  6. Voeg laaste die pietersielie by, asook sout en peper na smaak.
Jan Braai vir Erfenis witvisfilette met chermoula sous
Witvisfilette met chermoula sous – Jan Braai vir Erfenis
Sub Titel

Witvisfilette met chermoula sous – Jan Braai vir Erfenis

Gewildste Resepte