Logo

Nexgrill Pekingeend – Jan Braai vir Erfenis

10 Desember

Braai

Jou gaste gaan vir nog vra nadat hulle hierdie watertand dis geproe het. Jy braai die eend op die Nexgrillsa Oakford 790.

Nexgrill Peking Eend
Bestanddele

1 heel eend

sout (om die hele eend oraloor goed te sout)

omtrent 2 sopies chinese 5 speserye

klein pannekoekies of wraps

komkommer, gesny in dun repies

lenteuie, gesny in dun repies

hoisin sous

Metode

LAAT WAAI!

  1. Geur jou heel eend goed met sout en vryf en smeer dit oral oor die hele eend. Bestrooi dan met die chinese 5 speserye vir ekstra geur en kleur.

  2. Plaas die heel eend binne jou Nexgrill en sit die termometer binne die dikste deel van die eend, gewoonlik die borsie naby die been. Stel die temperatuur van die Nexgrill op 180. Die Nexgrill sal nou sy werk begin doen en die eend bak en rook. Wanneer die interne temperatuur van die eend verby 90 is, is jou eend reg en gereed vir opdien.

  3. Intussen, berei solank jou ander bestandele voor. Die gereg word bedien as 'n happie, dus moet die pannekoekies of wraps klein en handgrootte wees. Sny groot wraps in vier kwarte vir die perfekte happie in jou hand.

  4. Sny die komkommer en lenteuie in dun repies, dit moet soortelyk wees aan vuurhoutjies, en dan ook pas binnie jou klein pannkekoekies of wraps.

  5. Plaas die heel eend op 'n snybord en kerf die vleis en bros vel af en in kleiner deeltjies wat sal pas binne jou pannekoekies.

  6. Laat jou gaste hulle eie happies bou deur stukkies eend binne die pannekoekie of wrap te plaas, dan 'n paar stukkies komkommer en grasuie. Doop nou die happie in die hoisin sous en geniet jou heerlike happie van Peking eend.

Gerookte hoender en aartappel slaai
Megamaster Gerookte hoender en aartappel slaai – Jan Braai vir Erfenis
Sub Titel

Megamaster Gerookte hoender en aartappel slaai – Jan Braai vir Erfenis

Gewildste Resepte