Logo

Gerookte hoender-mayo braaibroodjies

16 Julie

Maak ses braaibroodjies

Braai

Hierdie resep het ontstaan toe ek en die ontspan toetse gedoen het met verkillende tipes hout en die tipe rook wat dit afgee en of dit die smaak beinvloed. 

Jan Braai Braaibroodjie Feature Image
Bestanddele

12 snye brood

botter of olyfolie

4 hoenderborsies, gerook

2 sopies mayonnaise

2 sopies Jan Braai Chipotle sous

1 sopie pietersielie, opgekap

1 t sout

1 t swartpeper

300 g cheddar kaas, gerasper

Metode

LAAT WAAI!

  1. Rook jou eie hoenderborsies met die saagsels van jou keuse in n potjie op die vuur of gebruik gerookte hoenderborsies wat jy net so klaar gerook by die supermark kan koop.
  2. Sny en kap die hoender in kleiner stukke.
  3. Vat 'n groot mengbak en meng al die bestanddele – behalwe die brood en botter –  met die hoenderstukkies.
  4. Bou die braaibroodjies: Botter of olie elke sny brood aan een kant (dis die kant wat buitentoe sal kyk wanneer jy eers die braaibroodjie aanmekaar gesit het). Sit die helfte van die snye brood op hul botterkante neer en skep die hoender-mayo-vulsel daarop. Sit gerasperde kaas bo op elke broodjie. Bedek met die oorblywende snye brood en laat hulle botterkante boontoe wys. 
  5. Braaibroodjies is draaibroodjies. Jy moet braaibroodjies gereeld draai en jy braai hulle in ’n toeklaprooster. As jy nie een het nie, koop een - verkieslik ’n rooster met verstelbare diepte sodat jy elke broodjie reg kan vasknyp. Jy wil matige hitte hê en die rooster moet redelik ver van die kole af wees. Jou doel is om die vulsel lekker warm te hê teen die tyd dat die buitekante goudbruin is. Om te keer dat die braaibroodjies vassit, help dit as jy die rooster ’n paar keer oop-en-toe maak ná die eerste paar maal se omdraai. 
  6. Sodra jou braaibroodjies reg is, sny jy elkeen in die helfte. Ek glo die regte manier om ’n braaibroodjie te sny, is diagonaal, en die regte tyd om dit te eet, is onmiddellik.

 

Katemba Potjie JBVE S12 Image
Katemba potjie
Sub Titel

Katemba potjie

Gewildste Resepte