Logo

Megamaster Gerookte hoender en aartappel slaai – Jan Braai vir Erfenis

03 Desember

Braai

Hierdie resep word gedoen op die Megamaster Alpha Smoker.

Gerookte hoender en aartappel slaai
Bestanddele

2 heel hoenders

16 aartappels

Vir die kruiesout (Spice Rub):

1 sopie knoffelpoeier

1 sopie paprika

1 sopie mosterdpoeier

1 sopie fyn komyn

1 sopie sout

1 sopie gedroogde tiemie

1 sopie bruinsuiker

½ sopie fyn kaneel

½ sopie varsgemaalde swartpeper

½ sopie brandrissiepoeier of rooipeper

Vir die sous:

2 koppies karringmelk (1 bottel)

1 koppie suurroom

3 sopies gekapte grasuie

1 sopie Dijon-mosterd

1 suurlemoen (sap en skil)

1 teelepel knoffelpoeier

1 teelepel sout

1 teelepel swartpeper

Metode

LAAT WAAI!

  1. Steek ’n lekker groot vuur in jou Megamaster roker aan, en maak seker al die kleppe van die roker is oop. Die oondgedeelte van die roker moet toe wees om hitte op te bou.
  2. Maak die sous deur al die bestandele deeglik saam te klits en sit dit in die yskas.
  3. Gooi al die kruiesout bestanddele saam in ’n bak en meng deeglik. Bestrooi die hoender ordentlik met die kruiesout en vryf die sout deeglik in orals op die hoender.
  4. Plaas die hoender en aartappels in die die roker. Maak die deksel toe en laat die hoender nou rook en bak vir ongeveer twee ure. Probeer jou roker se temperatuur bo 160 grade Celsius hou deur telkens nog hout by te gooi. 180 is ook reg. Rook hom totdat die hoender gaar en goudbruin is en die aartappels gaar en sag is. As die roker te warm word, maak net die groot oondkamer se deur oop sodat van die hitte kan ontsnap.
  5. Plaas die hoender en aartappels op ’n snybord en laat dit rus en afkoel. Sny die hoender met jou skerpste koksmes van die bene af en kerf op in kleiner stukke. Haal enige bene uit. Gooi die vleis in ’n groot opdienbak.
  6. Sny die aartappels in kwarte en gooi dit ook saam met die hoender in die bak.
  7. Gooi die sous oor die hoender en aartappels en meng dit deur. Garneer met ekstra grasuie.
wildsvleis sosaties
Wildsvleis – Jan Braai vir Erfenis
Sub Titel

Wildsvleis – Jan Braai vir Erfenis

Gewildste Resepte