Logo

Sri Lanka-styl kerrie met roosterkoek naanbrood – Jan Braai vir Erfenis

10 Junie

Braai

Ons kan nie wag om hierdie heerlike Sri Lanka-styl kerrie met roosterkoek naanbrood te probeer nie. 

JBVE Ep 10 Kerrie Recipe Image
Bestanddele

Om te bedien:

ontbeende hoender dye, lamsvleis blokkies, garnale, groente van jou keuse

vars koljander vir opdiening

Vir die kerriesous:

1 sopie olyfolie

1 ui (gekap)

4 knoffelhuisies (fyn gekap)

vars gemmer (gerasper en selfde hoeveelheid as die knoffel)

4 kerrieblare

1 lourierblaar

2 sopies Sri Lanka kerriepoeier

1 kaneelstokkie

sout en peper na smaak

½ t cayenne peper

½ sopie paprika

1 sakkie tamatie pasta (50g)

1 sopie bruin suiker

1 blikkie klappermelk

Vir die roosterkoek naan:

1 kg meel

1 sopie sout

1 sakkie kitsgis

850 ml louwarm water

125 ml botter

4 knoffelhuisies (fyn gekap)

Vir die Sri Lanka kerrie speserymengsel:

2 t koljandersade

2 t komyn

2 t mosterdsaad

2 t vinkelsaad

5 heel swart peperkorrels

3 kardomomsade

3 heel naeltjies

Metode

LAAT WAAI:

  1. Plaase die speserymengsel in ‘n pan en rooster dit droog vir ‘n paar minute, wees baie versigtig dat jy dit nie brand nie. Dit moet net liggies bruin rooster en die geure uitbring. Plaas die geroosterde spererye in jou vysel en stamper en maal dit fyn tot dit n poeier is.
  2. Verhit die olyfolie en braai die uie sag. Voeg die knoffel en gemmer by en res van die speserye by en braai vir 2 minute.
  3. Voeg die tamatiepasta, suiker, sout en peper by en braai vir nog 2 minute.
  4. V.oeg die klappermelk by en roer alles deeglik deur, sit die potjie op die deksel laat dit stadig prut vir 30 minute.
  5. Plaas jou keuse van protiene (hoender, garnale, lam, beifstuk, groente) op sosatiestokkies en braai oor warm kole tot dit gaar is en lekker braaivuur geure.
  6. Vir die Roosterkoek: Meng die meel, sout en gis saam, voeg die water by en gebruik ‘n houtlepel om alles bymekaar te bring. Knie jou deeg met jou hande op ‘n skoon oppervlak wat jy bestrooi met ekstra meel tot, dit ‘n gladde bol deeg is. Plaas dit in n bak, bedek met kleefplastiek en laat dit rys tot dubbeld die volume.
  7. Strooi weer meel op jou skoon tafel of oppervlak en strek die deeg uit met jou hande tot dit ‘n groot plat stuk deeg is om en by so groot soos jou hele rooster.
  8. Bak die groot plat roosterkoek oor medium hitte kole, draai die roosterkoek gereeld. Die roosterkoek moet bros en hard aan die buitekant wees, en sag en deurgebak aan die binnekant.
  9. Waneer die roosterkoek gaar is, smeer dit met botter en knoffel en laat dit in die roosterkoek intrek.
  10. Maak die roosterkoek: Meng die meel, sout en gis saam. Voeg die water by en gebruik ‘n houtlepel om die deeg bymekaar te bring. Gebruik ekstra meel op die oppervlak en knie die deeg liggies om ‘n gladde deeg te vorm. Plaas in ‘n bak, bedek met “cling wrap” en laat dit rys dit dubbel die volume. Bedien die kerrie met die vleis of groente van jou keuse , vars koljanderblare en n stuk roosterkoek naan.
JBVE Ep 9 Gebraaide waatlemoen
Gebraaide waatlemoen – Jan Braai vir Erfenis
Sub Titel

Gebraaide waatlemoen – Jan Braai vir Erfenis

Gewildste Resepte