Logo

Varkliesburger

13 November

4 persone

Braai

3

’n Japanse straatsmous moet die eer vir die resep kry.

Varkliesburger – Jan Braai vir Erfenis
Bestanddele

Burger

4 Burgerrolletjies

Botter / Olyfolie

1 kop Jong kool gesnipper

2 Wortels gerasper

1/2 koppie Mayonnaise romerig

Vleis

1 kg Varklies (pork belly)

1 koppie Sojasous

1 koppie Hoenderaftreksel

1 koppie Lemoensap

1 Lemoen se skil die hele skil, nie gerasper nie

1 Steranys

1 Kaneelstokkie

1 sopie Vars gemmer opgekap en gekneus

1/2 koppie Bruinsuiker

Metode
  1. Kry ’n skerp mes en kerf ’n kruis-en-dwars patroon in die vet se buitenste laag.
  2. Gooi al die bestanddele vir die vleis in jou potjie en roer. Nou sit jy die varklies in met sy vetkant na bo en skep van die marinade oor die dele wat nog droog is.
  3. Sit die deksel op en laat die potjie op lae hitte prut vir 2 ure. Jy wil hê hy moet net rustig prut. Een of twee keer gedurende die kooktyd kan jy die deksel oplig om weer van die sous oor die vleis te skep.
  4. Iewers tydens die 2 ure se prut, meng jy die kool, wortel en mayonnaise, en sit dit in jou yskas vir later.
  5. Ná 2 ure of langer (sodra die vleis heeltemal gaar en duidelik sag is wanneer jy dit met ’n vurk of ’n tang steek), haal jy die vark uit die potjie. Sit die vleis op ’n snyplank van hout neer en laat vir ’n paar minute rus. Los die potjie op die vuur sodat die sous wat oor is kan reduseer.
  6. Sny die vleis in vier ewegroot skywe en pak hulle plat uit op jou toeklaprooster. Nou braai jy hierdie sagte stukkies lies op warm kole tot bros aan albei kante.
  7. Botter of olie die binnekante van die oopgesnyde rolletjies en gee hulle hitte op die rooster, maar wees versigtig dat jy hulle nie te rof rooster nie (ons bly weg van die woord brand).
  8. Bou die burger: Rolletjie, koolslaai, varklies, sous wat oor is in die potjie, rolletjie.
GEBRAAIDE TANDOORI LAMSTJOPS EN HOENDERSTUKKE – Jan Braai vir Erfenis
Poster 320x480
Sub Titel

Gebraaide tandoori-lamstjops en hoender stukke

Gewildste Resepte