Logo

Gebraaide tandoori-lamstjops en hoender stukke

06 November

6 persone

Braai

Tandoori verwys na enige kos wat in ‘n tandoor berei is.
Jy maak ‘n vuur van hout of houtskool in die oond en stel dan die kos bloot aan regstreekse hitte.

GEBRAAIDE TANDOORI LAMSTJOPS EN HOENDERSTUKKE – Jan Braai vir Erfenis
Bestanddele

12 Lamstjops (ribtjops werk lekker vir dié resep)

8 Hoenderstukke (boudjies en dye)

500 ml Gewone jogurt

2 sopies Tandoori Masala / Tikka Masala

1 sopie Suurlemoensap

1 sopie Opgekapte knoffel en gemmer (jy kan dit vooraf gemeng aankoop)

Sout

Metode
  1. Verwyder oortollige vet van die tjops, maar los darem ‘n bietjie vir smaak.
  2. Berei die marinade deur die jogurt, masala, suurlemoensap, knofel en gemmer in ‘n bak saam te meng. Gebruik jou skoon hande of ‘n lepel om die tjops in die marinade rond te rol. Maak seker dat hulle met die sous bedek is.
  3. Los hulle ‘n paar ure of ‘n dag om te marineer.
  4. Braai oor warm kole (maar nie te warm nie) vir omtrent 10 tot 12 minute tot tussen medium-rou en halfgaar waar lamstjops die lekkerste is. Maal sout oor albei kante van die tjops terwyl hulle braai.

    EN...Jy kan ook tandoori-lamsosaties maak. Gebruik blokkies lamsvleis wat uit die boud of skouer kom, marineer soos hierbo en ryg hulle op sosatiepenne net voordat jy braai.
COQ AU VIN – Jan braai vir erfenis
Poster 320x480
Sub Titel

Coq au vin

Gewildste Resepte