Logo

Vark-en-appel-vleisrol

17 November

4 Porsies

Braai

4

Sjef Maritha Steyn het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt gewys hoe maklik dit is om vark-en-appel-vleisrol voor te berei. Sy het haar resep met ons gedeel.

Vark-en-appel-vleisrol
Bestanddele

10 ml olyfolie

80 g uie

2 huisies knoffel

1 stingel seldery

150 g appel

500 g vark-maalvleis

150 ml broodkrummels

15 ml salie

1 eier

10 repies spek

1 klein groen appel

30 ml appel-jellie

1 klein groen appel

Metode
  1. Verhit olie in ’n groot braaipan. Voeg uie, knoffel en seldery by en braai. Roer voortdurend totdat uie versag.
  2. Voeg gesnyde appel by en braai verder. Roer voortdurend totdat die oortollige vloeistof verdamp. Laat staan om af te koel.
  3. Voorverhit oond tot matige-hitte.
  4. In ’n groot mengbak, kombineer uie-mengsel met maalvleis, broodkrummels, salie, eier en fyngekapte appel en meng goed saal.
  5. Plaas maalvleis-mengsels op ’n groot stuk kleefplastiek. Gebruik kleefplastiek om ’n rol van sowat 8 cm by 24 cm te vorm. Verwyder kleefplastiek.
  6. Draai nou die rol toe met spek en ekstra gesnyde appel.
  7. Plaas vleisrol op ’n gesmeerde bakplaat en borsel met borsel met warm jellie-mengsel. Bak in oond onbedek vir sowat 45 minute – borsel weer na 22 minute.
  8. Bak totdat vleisrol gaar is en spek goudbruin en krakerig is. Bedien met mosterd.
Die-Groot-Ontbyt-3-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-11-17

Suikerkoekies vir Kersfees

Gewildste Resepte