Logo

Suikerkoekies vir Kersfees

100 Koekies

Gebak

3

Sjef Maritha Steyn het tydens ’n episode van Die Groot Ontbyt heerlike soetkoekies, ideaal vir Kersfees, bedien. Sy het haar resep met ons gedeel.

Die-Groot-Ontbyt-3-1
Bestanddele

Koekie-deeg:

250 g botter

200 g suiker

5 ml vanielje-ekstrak

2 eiers

480 g koekmeel

10 ml bakpoeier

5 ml sout

25 ml water

Versiersuiker:

1 kg versiersuiker

4 eierwitte

10 ml suurlemoensap

Metode

Vir die koekies:

  1. Klits die botter en suiker saam totdat 'n room vorm.
  2. Voeg vanielje-ekstrak en eier by.
  3. Sif droë bestanddele bymekaar, en voeg dat by botter-en-suiker-mengsel. Voeg water by indien nodig.
  4. Rol uit totdat die deeg 3 mm dik is. Sny vorms uit en plaas op 'n gesmeerde bakplaat.
  5. Bak in oond teen 200 °C vir 8 minute.

Vir die versiersuiker:

  1. Plaas eierwitte in mengbak.
  2. Met 'n houtlepel, voeg die versiersuiker by en meng stadig, lepel vir lepel.
  3. Sodra dit gekombineer is, maak seker die beslag is styf. Voeg meer versiersuiker by indien nodig.
  4. Plaas versiersuiker in 'n glasbak, bedek met 'n nat lap en seël met kleefplastiek.
  5. Versiersuiker can gestoor word in die yskas vir sowat 6 dae. Indien eierwitte skei van versiersuiker, meng weer saam voordat jy dit gebruik.

 

Vark-en-appel-vleisrol
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-11-17

Vark-en-appel-vleisrol

Gewildste Resepte