Logo

Eiervrug en kekerertjies – Nataniël. Erik. Wolf.

12 Desember

Gebak

Hierdie dis is beslis 'n wenner - veral as voorgereg of peuselhappie.

Eiervrug en kekerertjies Nataniël. Erik. Wolf.
Bestanddele

1 groot eiervrug, in lengte gesny met mandolien

2 geelwortels, geskil en in 0,5cm repies gesny

8 salotte, geskil en gehalveer

300g kekerertjies, gekook

250g sagte bokmelkkaas of maaskaas

sap van 1/2 suurlemoen

8 takkies koljander, gekap

100ml olyfolie

2 eetlepels rooiwynasyn

1 eetlepel suiker

1 teelepel gedroogde origanum

1 eetlepel botter

seesout

grofgemaalde swartpeper

ekstra olyfolie

Metode

Marineer wortels in rooiwynasyn, olyfolie, suiker, origanum, knippie sout en peper vir 30 minute.

Braai eiervrug op hoë hitte aan beide kante tot goudbruin, hou eenkant.

Meng kekerertjies, kaas en bietjie olyfolie met elektriese menger tot romerig, voeg suurlemoensap by, geur met knippie sout en peper, meng weer, hou eenkant.

Smelt botter in ’n pan en voeg wortels en een eetlepel van marinade by, braai vir drie minute oor medium hitte.

Voeg salotte by en braai tot goudbruin.

Smeer kekerertjie-mengsel op vier borde, rangskik wortels, salotte en eiervrug bo-op.

Garneer met koljander, geur met sout en peper.

Appelbrulee
Appelbrulée – Nataniël. Erik. Wolf
Sub Titel

Appelbrulée – Nataniël. Erik. Wolf

Gewildste Resepte