Logo

Wolftande (Dents de loup) – Nataniël.Erik.Wolf.

02 Januarie

Dit maak 25 tot 30 koekies.

Gebak

Verras jou gaste met hierdie heerlike, unieke koekies!

Wolftande (Dents de loup)
Bestanddele

2 eiers

160g suiker

160g sagte botter

235g bruismeel

1 teelepel vanielje geursel

Metode

Meng botter, suiker en vanielje deeglik saam.

Voeg eiers een vir een by en meng deeglik.

Voeg meel by en meng deeglik.

Plaas in yskas vir 30 minute.

Smeer ’n “dents de loup” bakplaat met botter.

Rol beslag in balletjies, ongeveer 1 opgehoopte teelepel per koekie.

Plaas op bakplaat en bak vir 13 - 15 minute teen 180 grade Celsius.

Vis, aartapels en sauce vierge
Vis, aartapels en sauce vierge – Nataniël.Erik.Wolf.
Sub Titel

Vis, aartapels en sauce vierge – Nataniël.Erik.Wolf.

Gewildste Resepte