Logo

Moeitevrye melktert

19 September

Lewer 1 tert

Gebak

Maak gerus dié erfenisdag hierdie maklike, maar heerlike melktert! 

Melk tert resep image
Bestanddele

200 g Marie- of Tennisbeskuitjies

30 ml sjerrie, opsioneel

385 g blik kondensmelk

4 k melk

1 e botter, of margarien

2 eiers, ekstragroot

80 ml mielieblom

1 t vanieljegeursel

fyn kaneel, om bo-oor te sprinkel

Metode

Plaas die beskuitjies op die bodem van 'n groot tertbak. Sprinkel die sjerrie oor. 

Meng die kondensmelk, melk en botter saam in 'n bak en mikrogolf 5 minute lank by 100% krag. 

Klits die eiers, mielieblom en geursel saam. Voeg die melkmengsel en mikrogolf 10 minute lank terwyl af en toe geroer word om klonte te voorkom. 

Die mengsel sal geleidelik styf word. Giet oor die beskuitjies in die bak. Sprinkel fyn kaneel oor en hou in die yskas tot gestol. 

 

Bron: Ons kookboek

Boeliebeef tert resep image
Homepage Billboard 1600x800
Sub Titel

Boeliebief-tert

Gewildste Resepte