Logo

Kersfeesvyekoek

21 Desember

Gebak

3

Soos gesien in 'n episode van Terwyl ek wag

KERSFEESVYEKOEK – Terwyl ek wag
Bestanddele

1 koppie Sagte gedroogde vye gekap

1/2 koppie Goue sultanas

1/2 koppie Gemengde neute gekap

1 Suurlemoen se skil gerasper

1 1/4 koppie Water

1 koppie Suiker

1 teelepel Koeksode

1 knippie Sout

1 teelepel Fyn kaneel

1 teelepel Fyn gemmer

1/2 teelepel Fyn naeltjies

1/2 koppie Ingelegde groenvye gekap

1/2 koppie Glanskersies gekap

1/2 koppie Bruismeel

2 koppies Volgraanmeel

1 teelepel Bakpoeier

1 Eier geklits

Botter vir koekpan

Meel vir koekpan

5 eetlepels Cognac

300 ml Vars room

1 eetlepel Strooisuiker

1 teelepel Vanielje-ekstrak

Metode
  • Verhit gedroogde vye, sultanas, neute, skil, water, suiker en koeksoda in kastrol
  • Laat prut vir 20 minute, plaas in groot mengbak
  • Roer kaneel, gemmer, groenvye en kersies, laat afkoel
  • Roer eier by
  • Meng bruismeel, bruinbroodmeel en bakpoeier by
  • Smeer 22cm losboompan met botter, sprinkel met meel om bodem en kante bedek, skud oortollige meel uit
  • Skep beslag in pan, maak bokant so gelyk as moontlik
  • Bak in oond teen 170˚C (waaier) vir 15 minute
  • Verlaag hitte na 165˚C (waaier) en bak vir ’n verdere 40 tot 45 minute
  • Bedek losweg met foelie indien koek te vinnig verbruin
  • Haal koek uit oond, gooi Cognac oor, laat afkoel in pan
  • Klits room met strooisuiker en vanielje-ekstrak tot sagte punte vorm, bedien met koek

Gewildste Resepte