Logo

Oujaarkoekies – Nataniël.Erik.Wolf.

09 Januarie

Maak ongeveer 40 koekies.

Gebak

Verras jou gaste met hierdie smullekker koekies. Hulle sal vra vir nog!

Oujaarkoekies
Bestanddele

350g donker sjokolade, gekap

70g botter

3 groot eiers

1/2 kp suiker

1/2 kp suiker

1 tlpl vanielje-ekstrak

1 kp gemaalde amandels

1 kp bruismeel

1 tlpl bakpoeier

knippie sout

1 opgehoopte tlpl grofgemaalde swartpeper

40 maraschino-kersies

2/3 kp suiker

2/3 kp versiersuiker

Cognac vir bediening

Metode

Verhit sjokolade, botter en vanielje oor lae hitte.

Klits eiers en suiker saam in aparte mengbak.

Voeg sjokolade geleidelik by, klits deurentyd.

Roer amandels by.

Voeg meel, bakpoeier en sout by, roer tot net gemeng, bedek en plaas oornag in yskas.

Plaas suiker en strooisuiker in aparte bakkies.

Rol deeg in balletjies van 3cm deursnee, gebruik vinger en vorm klein holte in die middel van elke koekie.

Plaas kersie met steeltjie in holte, druk vas vanaf die kante.

Bedek elke balletjie eers met suiker en dan met versiersuiker.

Voer bakplaat met bakpapier, plaas 8 koekies per slag op bakplaat.

Bak in oond teen 170˚C (waaier) vir 14 minute, haal uit oond en laat afkoel.

Bedien elke koekie bo-op ’n smal glasie met 1 sopie Cognac.

Wolftande (Dents de loup)
Wolftande (Dents de loup) – Nataniël.Erik.Wolf.
Sub Titel

Wolftande (Dents de loup) – Nataniël.Erik.Wolf.

Gewildste Resepte