Logo

Nexgrill Gerookte panontbyt – Jan Braai vir Erfenis

17 Desember

Genoeg vir ses mense

Gebak

Hierdie ontbyt se ander naam is "Shakshouka". Jy kan hom in die @nexgrillsa Oakford 790 maak.

Nexgrill Gerookte panontbyt
Bestanddele

2 sopies olyfolie

1 rooi ui, gekap

1 rooi soetrissie, fyn gekap

2 huisies knoffel, fyn gekap

omtrent 500g oorskiet vleis (enige oorskiet braaivleis van jou vorige braai, opgekap in kleiner stukkies)

1 sakkie (50g) tamatiepasta

1 sopie paprika

1 teelepel koljander

1 teelepel komyn

½ teelepel cayenne peper

125ml wyn (jy kan ook net sap of water gebruik)

1 blikkie gekapte tamaties

1 blikkie rooi nierbone (dreineer)

1 blikkie sousboontjies in tamatiesous

sout en peper

6 eiers

½ koppie cheddar kaas

½ koppie feta kaas (gekrummel)

vars oregano vir garnering

Metode

LAAT WAAI!

  1. Plaas jou groot pan of potjie op die vuur en braai die uie en soetrissie in die olyfolie tot sag. Voeg die knoffel, speserye, oorskiet vleis en tamatiepasta by en laat dit alles saam braai vir 'n paar minute. Gooi die wyn by en gebruik jou houtlepel om enige taai stukkies wat vas sit los te wikkel en laat die wyn effens afkook. Voeg nou die tamaties, nierbone en sousboontjies by en roer alles goed saam. Geur met sout en peper en laat alles saam prut vir so 10 minute tot die sous lekker geurig en dik is.

  2. Skakel jou Nexgrill aan en stel die temperatuur op 200’C.

  3. Gebruik jou houtlepel en maak ses holtes in die sous in die pan, breek versigtig 'n eier in elke holte. Gooi die cheddar kaas en feta kaas oor die eiers en sous.

  4. Plaas die pan in jou warm Nexgrill en laat die gereg bak en rook tot die wit van die eiers gaar is en die geel nog effe loperig. Garneer met vars oregano en bedien op vars geroosterde brood.

Nexgrill Peking Eend
Nexgrill Pekingeend – Jan Braai vir Erfenis
Sub Titel

Nexgrill Pekingeend – Jan Braai vir Erfenis

Gewildste Resepte