Logo

Aartapel + wortel galettes – Nataniël.Erik.Wolf.

02 Januarie

Dit maak 20 klein galettes.

Gebak

'n Perfekte peuselhappie; 'n maklike resep.

galette met aartapel en wortel resep
Bestanddele

600g aartappels met skil

2 opgehoopte eetlepels bruismeel

2 opgehoopte eetlepels bruinbroodmeel

1 medium geelwortel, fyn gerasper

1 knoffelhuisie, gerasper

1 opgehoopte eetlepel vars pietersielie, fyngekap

fyn gerasperde skil van 1 kleinerige suurlemoen

60g fyn gerasperde Parmesan

knippie neutmuskaat

seesout

grofgemaalde swartpeper

1 eier, geklits

druiwepitolie vir braai

Metode

Stoom aartappels tot sag, laat effens afkoel, verwyder helfte van skilletjies.

Maak aartappels fyn in mengbak, roer twee soorte meel by.

Roer wortel, knoffel, pietersielie, suurlemoenskil en Parmesan by.

Geur met neutmuskaat, proe en geur met sout en peper.

Voeg eier by en meng goed, bedek en plaas in yskas vir 1 uur.

Verhit 2 tot 3 eetlepel druiwepitolie in pan oor medium tot lae hitte.

Wanneer olie warm is: Skep teelepels vol beslag in olie om 5 klein koekies te vorm.

Braai vir 5 minute aan elke kant (draai versigtig om!).

(Tradisioneel is hierdie galettes nogals bleek, indien hulle te donker braai, is olie te warm)

Plaas op kombuisdoek of papier om heeltemal af te koel.

Bedien teen kamertemperatuur met gemengde slaai of net so as happies.

(Hierdie galettes bly breekbaar totdat dit heeltemal afgekoel is).

Vis, aartapels en sauce vierge
Vis, aartapels en sauce vierge – Nataniël.Erik.Wolf.
Sub Titel

Vis, aartapels en sauce vierge – Nataniël.Erik.Wolf.

Gewildste Resepte