Logo

Wortel- en amandelkoek

12 Desember

Lewer 1 koek

Gebak

Dié wortelkoek sal 'n heerlike byvoeging wees vir jou volgende spyskaart. 

Wortelkoek
Bestanddele

klein bietjie versiersuiker

klein bietjie koekmeel

200 g amandelvlokkies

100 g gemaalde amandels

3 eiers, geskei

1 1/2 k versiersuiker

1 t vanielje-ekstrak

1 suurlemoen, sap en fyngerasperde skil

behoorlike knippie sout

280 g geelwortels, fyngerasper

1/2 k bruismeel

1 t bakpoeier

ekstra versiersuiker

Metode

Smeer of spuit 22cm losboomkoekpan liggies met olie, voer bodem met bakpapier, smeer of spuit bakpapier met olie, sprinkel met versiersuiker en meel, beweeg pan om bodem en rante heeltemal te bedek.

Draai pan om en tik liggies om ekstra meel en suiker te verwyder.

Braai 1 koppie amandelvlokkies vir ’n paar sekondes in ’n droë pan tot net begin ligbruin verkleur; laat afkoel en voeg by res van amandelvllokkies.

Plaas vlokkies in 'n voedselverwerker of koffiemeul en pols tot growwe krummels. 

Plaas eiergele, versiersuiker, vanielje, sap, skil en sout in mengbak.

Klits met elektriese handklitser tot bleek en lig, 5 tot 6 minute. 

Vou fyngerasperde wortels by, dan meel en bakpoeier, dan alle amandels, gepols en gemaal.

Klits eierwitte in skoon mengbak tot sagte punte vorm, vou versigtig by beslag.

Bak in oond teen 170˚C (waaier) vir 30 minute tot goudbruin (en middel van die koek gaar is!) – koek moet nie vir ’n sekonde te lank bak nie

Laat afkoel in pan vir 15 minute.

Verwyder versigtig uit pan, plaas op draadrak tot heeltemal afgekoel, plaas opgehoopte teelepel versiersuiker in klein siffie en sneeu mildelik oor koek.

Eiervrug en kekerertjies Nataniël. Erik. Wolf.
Eiervrug en kekerertjies – Nataniël. Erik. Wolf.
Sub Titel

Eiervrug en kekerertjies – Nataniël. Erik. Wolf.

Gewildste Resepte